Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Parkies se fietsryers laat die speke sing
Saffron Vosloo was byna die hele tyd voor in die Spur-bergfietsren vir juniors. Foto: Marius Nortjé

Die Hoërskool Menlopark van Pretoria het vanjaar die Spur-bergfietsreeks oorheers nadat die skool se meisie-, seun- en gekombineerde spanne as nasionale kampioene gekroon is.

Altesame 40 skole van regoor Suid-Afrika, asook spanne uit Namibië, Zimbabwe en Zambië, het aan die nasionale eindronde deelgeneem.

Dit is deur die Hoërskool Bekker in Magaliesburg aangebied.

Nicolene Marais van die Hoërskool Rustenburg is as die na- sionale junior-kampioen gekroon. Sy het haar ren in ’n tyd van 42 minute en 30 sekondes gewen.

Menlopark se Saffron Vosloo was byna die hele tyd voor, maar moes in ’n tyd van 42:32 met die tweede plek tevrede wees. Kristen Louw van Potchefstroom Volkskool was derde in ’n tyd van 43:45.

Menlopark se Henry Liebenberg (54:14) en Martin Venter (54:37) het onderskeidelik tweede en derde in die junior-afdeling vir seuns geëindig.

Dié afdeling is deur Herbert Peters van St. George’s College in ’n tyd van 53:59 gewen.

Menlopark het altesame 116 punte in die onderskeie ouderdomsgroepe vir seuns ingesamel om die kroon te beklink. Paul Roos Gimnasium was tweede met 101 punte en Midstream College van Pretoria derde met 76 punte.

In die meisie-afdeling het Menlopark met 75 punte die Afrikaanse Hoër Meisieskool van Pretoria (56) en York High (49) uitgestof.

In die gekombineerde afdeling het Menlopark 124 punte ingesamel, met Potchefstroom Gimnasium tweede met 100 punte. Midstream College (86) moes met die derde posisie tevrede wees.

Menlopark se Monique du Toit het in die sub-jeug afdeling vir meisies in ’n tyd van 41:51 koning gekraai. Haar spanmaat Antonique Grotsiu (42:52) was derde nadat sy net meer as ’n minuut ná Du Toit oor die eindstreep gejaag het.

Potch Gimmies se Ryan Conradie (41:10) was die kampioen van die jeug-afdeling vir seuns. Hy het vir Charl du Plooy (42:11) van Hoërskool Windhoek en Chris du Plessis (42:44) van Menlopark in sy stof agter gelaat.

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.