Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Parkies te sterk vir Middelburg
Marcelle Mombers van Menlopark laat waai doellyn toe met MK Khumalo van Hoërskool Middelburg te laat om te keer. Parkies het Middelburg met 17-14 geklop om Noordvaal se o.15-sewestoernooi te wen. Foto: Marius Nortjé

Die Hoërskool Menlopark se sewesrugbyspan het die Hoërskool Middelburg in die eindstryd van die Noordvaal Sewes-toernooi vir o.15-spanne verras om as kampioen gekroon te word.

Die gasheer van die toernooi was met 17-14 in die eindstryd baas. In die eerste helfte van die kragmeting het dit egter geblyk asof Middelburg die kragmeting op ’n drafstap sou wen. 

Die span van die Jakarandastad het egter baie durf gewys om met slegs 40 sekondes se spel oor in die kragmeting vir die eerste keer die voortou te neem.

Die kampioen moes ook sweet om vir Montana in die halfeindronde met 19-14 uit te skakel. 

Middelburg het nie veel probleme ondervind om vir Ben Vorster van Tzaneen met 24-5 in die ander halfeindstryd te klop nie.

Ben Vorster se spelers het elk ’n bronsmedalje verdien na hy vir Montana met 22-14 in die uitspeelwedstryd om die derde en vierde plek getroef het.

Monument het in die Plaat-eindstryd koning gekraai deur vir Linden met 47-21 te verslaan.

Die Anker van Brakpan het naelskraap met 14-12 vir Frikkie Meyer van Thabazimbi geklop om as kampioen van die Skild-afdeling gekroon te word.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.