SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Skole
Húlle kan impak op cravenweek maak
Talle se pa’s was oudspelers
Spelers om dop te hou

Heelagters: Morné Joubert (KZN), Eduan Keyter (Blou Bulle), Louwtjie Steenkamp (Vrystaat), Martin van Wyk (Valke), Keanu Vers (OP), Barend Smit (Pumas).

Vleuels: Xolisa Guma (KZN), Nazo Nkala (Griffons), S’busiso Nkosi (Leeus), Mfundo Ndlovu (Pumas), Edwill van der Merwe (WP).

Senters: David Britz (Grens), Franco Naudé (Blou Bulle), Edrich Venter (WP), Jeremy Ward (OP), Julian Jordaan (Vrystaat), JT Jackson (SWD).

Losskakels: Tinus de Beer (Blou Bulle), Tristan Tedder (KZN), Curwin Bosch (OP), Robbie Petzer (Griekwas), Muller Joubert (Pumas).

Skrumskakels: Jaywinn Juries (Griffons), Embrose Papier (Blou Bulle), Shirwin Cupido (Vrystaat), Ralton October (Leeus), Marco Janse van Vuren (Valke).

Agtsteman: Juan Lemmer (Leeus), Jaco Coetzee (KZN), Alex Jonker (Vrystaat), Oscar Schuld (Pumas), Warren Brits (Valke), Luigy van Jaarsveld (OP-platteland).

Flanke: PJ Toerien (Blou Bulle), James Venter, McMillan Muller (albei KZN), De Wet Bezuidenhout (Vrystaat), Gavin Delport (Leeus), Christopher Roelfse (SWD), Johann van Niekerk (OP).

Slotte: Eduard Zandberg (SWD), Rhyno Herbst (Leeus), Reinhard Nothnagel (Leeus), Rikus Swarts (Griekwas), Jaco Willemse (WP).

Stutte: Koos Tredoux (KZN), Jacobus Holtzhausen (Leeus), Wynand de Necker (SWD), Gavin van den Berg (WP), Ruben Terblanché (Vrystaat).

Hakers: Jan-Henning Campher (Blou Bulle), Robin Stevens (OP).

Daar is nie vanjaar ’n voormalige Springbok-rugbyspeler se seun wat op die 51ste Cravenweek vir hoërskole in Middelburg (Mpumalanga) in aksie is nie. 

Daar is wel soos gewoonlik ’n paar spelers wie pa’s hul merk op provinsiale vlak gemaak het.

Die Blou Bulle se kaptein en haker, Jan-Henning Campher, is die seun van die voormalige Bul-voorryman Lourens Cam-pher.

Die Leeus se slot Rhyno Herbst is soos Campher een van die spelers wat vanjaar ’n impak op die toernooi kan maak.

Sy oupa, Ouboet (Sarel) Herbst, het in 1955 vir die Transvaalse skolespan uitgedraf.

Hy het ook tussen 1967 en 1970 vir die Rooibontes se senior span as slot en stut gespeel.

Rhyno se pa, Danie Herbst, het in 1979 Transvaal se XV-tal op die Cravenweek verteenwoordig. Hy was daardie jaar die voorste puntemaker op die toernooi.

Hy was ook lid van die Transvaalse span wat in 1980 in die hoofwedstryd in aksie was.

Sy ouer broer, Barend Herbst, was lid van die Leeus se span wat in 2012 in Port Elizabeth teen die Blou Bulle in die hoofwedstryd van die Cravenweek aan die verloorkant was.

Twee seuns van voormalige rugbyspelers van Griekwaland-Wes sal op die toernooi in aksie wees.

Die loskopstut Boan Venter (De Aar) en flank Nardus Bosman (Diamantveld) is die seuns van De Waal Venter en Dagga Bosman.

Venter het die Poubloues se senior span in 106 wedstryde verteenwoordig.

Albei dié pa’s het ook op hul dag aan die Cravenweek deelgeneem.

Venter was lid van Griekwas se span wat aan die toernooi in 1991 in Oos-Londen deelgeneem het. Venter is ook ’n oudleerling aan De Aar.

Bosman was lid van die Suid-Vrystaatse span na die Cravenweek op Witbank in 1985 en die Vrystaat-plattelandse span na die toernooi op Graaff-Reinet in 1986. Hy het sy skoolloopbaan aan Landboudal van Jacobsdal voltooi.

Die Vrystaatse senter Julian Jordaan is die neef van Paul en Pieter Jordaan, wat onderskeidelik in 2010 en 2011 die nasionale skolespan gehaal het.

Paul Jordaan was vanjaar ook deel van die Springbokke se vergrote groep.

Die Griffons se skrumskakel, Jaywinn Juries, se oom Jacques Juries het vleuel vir verskeie provinsiale spanne in sy loopbaan gespeel. 

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.