Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Affies, Boishaai gee nóg glans aan toernooi

Die eerste spanne van die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) en Hoërskool Stellenberg se paaie sal in 2019 die eerste keer ooit kruis wanneer hulle aan die Noord/Suid-toernooi deelneem.

Theunis Pretorius van die Hoërskool Waterkloof op die aanval teen Durbanville by vanjaar se Noord/Suid-toernooi. Foto: Marius Nortjé

Dié toernooi word volgende jaar in Maart deur die Hoërskool Garsfontein aangebied en sal as ’n kleedrepetisie dien vir die Wildeklawer-rugbytoernooi.

Affies sal hom by Helpmekaar Kollege en die Hoër Jongenskool Paarl aansluit as die nuwe toevoegings tot die toernooi wat die eerste keer in 2014 gehou is met net vier deelnemers, Waterkloof, Menlopark, Paarl Gimnasium en Harrismith.

Sedertdien het die toernooi heelwat aandag by ander skole geprikkel en nou is 14 van die land se voorste skole daarby betrokke.

Grey-kollege van Bloemfontein en Boland Landbou, wat vanjaar albei een wedstryd by die toernooi gespeel het, sal volgende jaar in twee kragmetings betrokke wees.

Die Hoërskole Dr. EG Jansen van Boksburg, Garsfontein, Outeniqua van George, Monument van Krugersdorp en Durbanville sal saam met die Parkies, Klofies en Gimmies ook in aksie wees.

Die kragmetings tussen Monument en Paarl Gimnasium sowel as Garsfontein en Grey-kollege sal ’n baie groot trekpleister wees.

Monnas het vanjaar in ’n titaniese stryd die knie teen Gimmies met 31-34 gebuig en sal reeds nou al hul lippe aflek vir ’n geleentheid om die bordjies te verhang.

Die Garsies se Bere was ook vanjaar ’n slagoffer van die stoomrollende Grey-kollege, wat die jaar onoorwonne afgesluit het.

Paarl Boishaai het in 2016 by die St. John’s College-Paastoernooi Helpies met 24-17 geklop in dié twee spanne se laaste kragmeting.

Affies het nog nooit teen Outeniqua vasgeval nie.

* Die bepalings is:

Dag 1: Affies t. Stellenberg; EG Jansen t. Durbanville, Hoër Jongenskool Paarl t. Helpmekaar Kollege; Grey-kollege t. Menlopark; Boland Landbou t. Waterkloof; Garsfontein t. Outeniqua; Monument t. Paarl Gimnasium.

Dag 2: Affies t. Outeniqua; Stellenberg t. EG Jansen; Waterkloof t. Durbanville; Boland Landbou t. Helpmekaar Kollege; Paarl Gimnasium t. Menlopark; Monument t. Hoër Jongenskool Paarl; Garsfontein t. Grey-kollege.

Meer oor:  Skolerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.