Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Affies oortuig nie op Paarl se fees

Die Afrikaanse Hoër Seunskool het ’n slordige sege met 17-5 behaal oor die AP Dragons se span op die laaste dag van die Wêreldskolerugbyfees wat by die Hoër Jongenskool Paarl gehou word.

Affies se eerste span het geensins oortuig by die toernooi nie. Met die gedugte span van Paarl Gimnasium wat volgende week opruk na Pretoria om die Wit Bulle te pak, sal dié span van oorkant Loftus Versfeld vinnig plan moet maak, anders wag daar ’n lang seisoen op hulle.

Die Affies het Woensdag met 15-26 vasgeval teen Hartpury College van Engeland, wat Saterdag met 60-0 deur Grey-kollege van Bloemfontein geslag is.

Heinrich Bischoff het die eerste drie van die wedstryd afgerond ná ’n tikkie individuele briljantheid deur die spoedvraat Jason Scheepers op vleuel.

Uta Fale het gaan druk vir die span wat deur Victor Matfield gebrei word.

Kort voordat die eindfluitjie geblaas is, het dit nog ’n individuele poging geverg, dié keer deur die ander vleuel, Eric Sherman, om Affies van rooi gesigte te spaar.

Puntemakers:

Affies 17 (10): Drieë: Heinrich Bischoff, David Jacobsz, Eric Sherman Doelskop: Regardt Roets

AP Dragons 5 (5): Drie: Uta Fale.

Meer oor:  Affies  |  Wêreld-Skolerugbyfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.