Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Affies se Forrester knak Parkies

Die eerste krieketspan van die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) het Saterdag die Hoërskool Menlopark ’n stewige loesing op die lyf gejaag in dié spanne se eendagwedstryd in die Northerns se Platinum-liga.

Affies, met Dian Forrester wat die aanslag gelei het, het 255/5 aangeteken in hul 50 boulbeurte. Die paaltjies het gereeld gekantel in Parkies se kolfbeurt en die span is vir 158 lopies uitgehaal. Dit het aan Affies ’n oorwinning van 97 besorg.

Die Affie-kolwer, Dian Forrester, het ‘n onoorwonne 115 lopies teen Hoërskool Menlopark opgestapel. Foto: William Brown

Forrester het met die kolf ’n onoorwonne 115 lopies opgestapel voordat hy van Parkies se aanvangskolwer Luke Fleischhauer (20) ontslae geraak om sy span op die voorvoet te kry.

Sake het nie goed vir Affies in hul kolfbeurt begin nie met die span wat op 19/2 in die moeilikheid was.

Affies se aanvangskolwer Jacques Pienaar (64) het die tuig weer op die regte koers gekry, voordat hy deur die Parkies se Nelis Daniels uitgehardloop is.

Vir Parkies het JT Richards met die bal uitgeblink en drie paaltjies laat kantel in sy 10 boulbeurte.

Parkies kon nie aan die gang kom in hul kolfbeurt nie en was reeds met hul rug teen die muur op 29/3, voordat Sebastian van Rooyen en Wybri Thuynsma ’n vennootskap aan die gang kon kry, met Van Rooyen wat vir 32 moes terugstap kleedkamers toe. Thuynsma het 12 lopies later gevolg nadat hy 22 aangeteken het.

Daarna het die besoekers hul laaste vyf paaltjies vir 65 lopies verloor.

Schalk Engelbrecht het die beste met die bal vir Affies gevaar en 3/43 geneem.

* Nie eens twee briljante honderdtalle deur Ludwig Kaestner (107 van 113 balle) en Simeon de Bruyn (101 van 98 balle) kon Waterkloof red van ’n nederlaag teen Centurion nie.

Nadat Klofies die loot gewen het en Centurion ingestuur het om te kolf, het hul boulers kleigetrap met Centurion wat 276 lopies gemoker het.

Klofies het dit byna gemaak, maar die boulbeurte het hulle ingehaal en hulle het 272/7 aangeteken, om met 4 lopies te verloor.

Vir Centurion het Conrad Mouton sy kant gebring en 3/42 met die bal geneem

Neil Geyser (68) en Eathan Wentzel (51) het vir Centurion die lopies laat vloei met Marco Boonstra wat die beste met die bal was vir die Klofies met syfers van 2/38.

* Pretoria Boys High School se 247/4 was ook genoeg om Cornwall Hill ore aan te sit wat net 226 kon aanteken voordat hul laaste paaltjie geval het.

* In die B-afdeling het Oos-Moot hul bure en aartsvyande, die Hoër Tegniese Skool John Vorster met 28 lopies geklop.

Meer oor:  Krieket  |  Dian Forrester  |  Skolekrieket  |  Affies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.