Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Affies gasheer vir room van skolerugby

Die Wêreldskolerugbyfees sal in 2020 deur die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) aangebied word, met ’n paar skole wat hul eerste verskyning in dié toernooi gaan maak.

Adolph Visser van Affies druk een van sy drie drieë teen die Italian All-Stars by vanjaar se Wêreldskolerugbyfees. Foto: Frans Lombard

Affies vier volgende jaar sy eeufees en dié toernooi sal een van die groot trekpleisters op Gauteng se rugbykalender wees.

Van die groot kanonne van skolerugby in Suid-Afrika, soos Grey-kollege, Paul Roos Gimnasium, Hoërskool Monument van Krugersdorp, South African College Schools (Sacs) en Hilton College van KwaZulu-Natal en uiteraard Affies sal almal volgende jaar terugkeer.

Dan sal Affies se bure, Pretoria Boys High, King Edward VII School (KES) van Johannesburg en Maritzburg College van Pietermaritzburg almal hul debuut in die toernooi maak. Die Hoër Landbouskool Oakdale van Riversdal sal terugkeer nadat hy laas in 2018 deelgeneem het.

Paarl Gimnasium, Boland Landbou en Glenwood High School van Durban sal egter volgende jaar se skouspel misloop.

Dan sal die twee uitnodigingspanne, die Wêreld-vyftiental en die SA Uitnodigingspan ook nie volgende jaar deel van die verrigtinge wees nie.

Die oorsese spanne is in finale gesprekke om hul plekke vas te maak, waarna dit ook bekend gemaak sal word.

Die eerste weergawe van die toernooi is in 2018 by die Hoër Jongenskool Paarl gehou, voordat dit vanjaar na Stellenbosch geskuif het, waar Paul Roos Gimnasium as gasheer opgetree het.

Die toernooi sal van 24 Maart tot 28 Maart plaasvind, met die bekende jaarlikse Francois Swart Rugbyweek vir o.15’s, wat ook deur Affies aangebied word, wat terselfdertyd sal plaasvind. Van dié wedstryde sal ook by Loftus Versfeld gespeel word.

Meer oor:  Skolerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.