Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Gees! Bakies kan nie kalm bly nie

Die span van Groot FM 90.5 en Metro-Beeld-Noord het Vrydag by die Laerskool Bakenkop ’n draai gemaak vir die Skool met die beste gees-kompetisie. En hier skort beslis nie met die gees nie.

’n Span leerlinge het die onderwysers met die Jeep-sleep uitgestof toe hul tyd amper die helfte minder was as dié van die onderwysers. Toe die seuns en meisie resies gejaag het, het die seuns gewen, maar daar was sprake dat die seuns die reëls effe aangepas het . . .

Laser Adventures was ouder­gewoonte een van die borge en daar was groot sports toe die onderwysers slaags geraak het. Dit was ’n kwaai stryd met die mans wat net-net gewen het.

Die vlosdans was weer so gewild soos altyd met verskeie leerlinge en onderwysers wat met hul tegniek beïndruk het. Pieter Koen het sommer almal aan die dans gehad met sy lekker liedjies. Daar was selfs drie “vroue” wat by hom op die verhoog aangesluit het.

Die dag se pret is moontlik gemaak deur Mit-Mak Motors, MBT Petroleum, USA Sports en Laser Adventures.

Die Laerskool Bakenkop het Vrydag gewys daar skort niks met sy gees nie. Foto: Marthinus Koekemoer
Willie Fourie, die skoolhoof, in gesprek met die Groot FM 90.5-omroeper Ruben Delmage. Foto: Marthinus Koekemoer
Petrus (Pippie) Kemm was die onderwyser wat hierdie keer onder die waterkanonpeloton deurgeloop het. Foto: Marthinus Koekemoer
In die resies tussen die seuns en die meisies het die seuns gewen, maar daar was sprake dat die seuns die reëls uitgelê het soos dit hulle pas . . . Foto: Marthinus Koekemoer
Die onderwysers het hul bes probeer om die leerlinge te klop, maar kon nie die Mit-Mak Motors Jeep vinniger gesleep kry nie. Foto: Marthinus Koekemoer
Luane Janse van Rensburg van Groot FM 90.5 maak gereed vir die Laerskool Bakenkop se leerlinge om gees te vang. Foto: Marthinus Koekemoer
Pieter Koen het die leerlinge en ouers aan die dans gekry. Foto: Marthinus Koekemoer

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.