Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Boishaai-druk is enorm, erken Griekwa-breier

Vyf seisoene by Griekwas is uitdagend, maar Peter Engledow meen die uitdagings van skolewedstryde in Suid Afrika skep unieke druk vir enige afrigter.

Engledow is dié week as die nuwe Paarl Boishaai-afrigter aangestel in die plek van Sean Erasmus. Hy sal ná die Curriebeker-reeks in sy nuwe pos begin.

Peter Engledow. Foto: Argief

Engledow het ’n uitsoek-kortlys – wat die oud-Puma-afrigter Brent Janse van Rensburg, die voormalige Junior Bokke-afrigter Dawie Theron, asook André Tredoux ingesluit het – om die pos geklop.

En terwyl oë in die Paarl rek oor ’n Curriebekerafrigter wat liewers skolerugby wil afrig, glo Engledow die uitdaging is iets waaroor hy baie opgewonde is.

“Baie mense het dit al vir my gevra. Daar is ’n paar dinge in my loopbaan wat my dryf – die kompetisie en die wedstryddag, en ek dink ek los Griekwas op ’n opwindende tyd, met die Pro16 wat voorlê.

“Die Curriebeker is ook groot vir hulle.

“Maar vir my is die skolerugby iets besonders. Dis opwindend en die skolerugbyfeeste is ook iets besonders.

“Toe ek by St Josephs Col-
lege in Engeland afgerig het, het ek ’n soortgelyke uitkyk gehad – om spelers sowel op as af van die veld te ontwikkel. Ek glo vas goeie mense maak goeie rugbyspelers, en dit is my filosofie. As ek goeie waardes instel van die veld af, dan is ek gelukkig.

“As ’n mens eendag van die pos kan wegstap en individue vertel jou jy het ’n groot impak in hul lewe gemaak, sal dit vir my baie beteken. Duidelik moet ek ook wen, maar as ek dit kan doen én ook jong afrigters kan help ontwikkel en hulle in die Boland se skolestelsel kry, dan het ek my doel bereik.”

Engledow het vinnig besef hoe fanaties van die oudleerlinge is toe hy die oud-Bokkaptein Corné Krige om advies genader het voordat die onderhoude begin het.

“Ek het Corné voor my onderhoud gebel vir raad en hy het reguit vir my gesê: Jy moet Interskole wen! Dit was dadelik vir my duidelik dat die Interskole boaan die wenlys is. Wedstryde teen die groot skolespanne is belangrik en dan die feeste, soos Wildeklawer.

“Ek hou daarvan en dit stel ’n nuwe uitdaging.”

Meer oor:  Peter Engledow  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.