Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Boishaai kies Compion op senter

Compion von Ludwig, een van die groot angels in die agterlyn van die eerste rugbyspan van die Hoër Jongenskool Paarl, sal op binnesenter teen Grey Kollege diens doen.

Die Springbok-stut Frans Malherbe was kaptein van die Hoër Jongenskool Paarl se eerste rugbyspan in 2009. Foto: Yunus Mohamed

Von Ludwig (18) skuif van losskakel na binnesenter, met Cobus Louw wat die nr. 10-trui Saterdag in die Paarl sal dra.

Dit is nie ’n verrassing dat Peter Engledow, afrigter van Boishaai, besluit het om Von Ludwig en Louw albei in die beginspan in te sluit nie.

Verlede naweek teen die Hoërskool Monument van Krugersdorp het Von Ludwig, ’n sterk hardloper en goeie balverspreider, aanvanklik as losskakel begin, maar later na senter geskuif toe Louw op die veld gegaan het.

Frans Steyn, wat in 2007 en 2019 deel van die Springbok-span was wat die Wêreldbeker-toernooi gewen het, in aksie vir Grey Kollege. Foto: Charl Devenish

Die span van die Paarl sal hoop dat 2021 die jaar is dat hy weer daarin kan slaag om Grey te klop. Die laaste keer dat die Wes-Kapenaars die Bloemfonteiners kon klop, was in 2017. Sean Erasmus was toe nog afrigter en hulle het met 46-31 gewen. Erasmus is deesdae deel van die Leeus se afrigtingspan.

In 2018 (34-20) en 2019 (43-24) was Grey gerieflik aan die wenkant.

Die kragmeting tussen Grey en Boishaai is gewis een van die hoogtepunte op die plaaslike skolerugbykalender. Dit is immers twee skole met ’n trotse tradisie, wat al ’n hele aantal Springbokke opgelewer het.

In die geval van Boishaai het bekendes soos Mannetjies Roux, Corné Krige, Frans Malherbe en Thomas du Toit daar op die skoolbanke gesit.

Wat Grey betref, was spelers soos Ruan Pienaar, Frans Steyn en die Du Plessis-broers, Jannie en Bismarck, daar op skool.

Iemand wat die grootsheid van die jaarlikse kragmeting tussen Grey en Boishaai besef, is William Small-Smith, wat onlangs sy stewels opgehang het.

William Small-Smith toe hy nog ’n leerling aan Grey Kollege in Bloemfontein was. Foto: Gallo Images

Small-Smith (29), ’n veelsydige agterspeler, was kaptein van die Grey-span wat Boishaai in 2010 met 32-12 in die Paarl geklop het.

“Die wedstryd tussen Grey en Boishaai is altyd ’n grote, met albei spanne wat van topgehalte is. Jonathan Kaplan het nog destyds daardie wedstryd in 2010 beheer, dit was ’n baie taai kragmeting,” sê Small-Smith.

“Ek dink ons het daardie dag van ons beste rugby daardie jaar gespeel. Dit was lekker om in die Paarl te wen.”

Boishaai: Jared Rees, Luke van Schoor, Keagan Smith, Compion von Ludwig, Ethan Isaacs, Cobus Louw, FC Fourie, Abu Ndabambi (k), Ruan Venter, Meno Barnard, Luca Ribbens, Coetzee le Roux, Eddie du Toit, Ruben Swanepoel, SJ Kotzé. PLAASVERVANGERS: Juan Small, Hennie du Preez, Josh Pentz, Dante Burger, Louis Schlebusch, Liam Kuperus, Thurlon Williams, AJ van Heerden.

Grey Kollege: Gert Steyn, Alfondso Isaacs, Banie Britz, Alec McIntyre, Diégo Lottering, Jean Smith, Caleb Abrahams, Nelius Volschenk (k), Lukas Meyer, Ferdi Vergottini, JF van Heerden, Merwe Olivier, Johan Louw, Juanré Breitenbach, Juann Else. PLAASVERVANGERS: Sebastiaan Meyer, Johannes Botha, Casper Badenhorst, Kristof du Randt, Deleon Bernardü, Jurie Geldenhuys, Bradley Giddy, Janco Scheepers.

Afskop: 14:00.

TV: Regstreeks op SS Rugby (kanaal 211), Variety 4 (209) en GDN. Die wedstryde tussen Boishaai en Grey Kollege se ander rugbyspanne kan ook regstreeks op Netwerk24 gevolg word.

• In nog ’n groot kragmeting in die Paarl kom Paarl Gimnasium om 11:45 teen Paul Roos Gimnasium te staan. Dié wedstryd word regstreeks op kanaal 246 (op now.dstv.com) uitgesaai.

Ander o.19A-skolewedstryde in die WP en Boland Saterdag is:

Landbouskool Boland t. HTS Drostdy, Bishops t SACS, Rondebosch t. Wynberg, Stellenberg t. Landbouskool Oakdale, HS Bellville t. HS Tygerberg, Brackenfell t. D.F. Malan, Parel Vallei t. Durbanville, HTS Bellville t. Milnerton, Hottentots-Holland t. Fairmont, Parow t. Kasselsvlei, De Kuilen t. Excelsior, Elsiesrivier t. President, Table View t. The Settlers, Monumentpark t. Jan van Riebeeck, Overberg t. Charlie Hofmeyr, Hermanus t. HS Strand.

Wedstryde in die sentrale streek (tuisspanne eerste): Vrystaat-skoleliga: 12:30: Jim Fouche t. Fichardtpark, 13:50: Landboudal t. Sentraal; Vriendskaplik: 11:00: Welkom-Gimnasium t. Rustenburg, 13:20: Eldoraigne t. Witteberg, 13:30: Goudveld t. Bethlehem-Voortrekker.

Meer oor:  Skolerugby  |  Grey Kollege
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.