Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Boishaai is nuwe seweskampioen

Die Hoër Jongenskool Paarl is Saterdag in die Paarl as die nuwe kampioene van die Marius Schoeman-sewestoernooi gekroon nadat hy in die eindstryd Grey-kollege van Bloemfontein met 24-5 ore aangesit het.

Die Marius Schoeman Sewestoernooi is die afgelope naweek in die Paarl gehou.Foto: Verskaf

Boishaai het sodoende Paul Roos Gimnasium onttroon as die verdedigende kampioen.

Boishaai was in uitstaande en het Monument van Krugersdorp (39-7), Paarl Gimnasium se tweede span (26-0), Paarl Gimnasium se eerste span (36-12) en Overberg (59-5) deeglik pak gegee, voordat hulle in die Beker-halfeindstryd Outeniqua in ’n taai stryd met 28-24 omgedop het.

Die Noorde se twee verteenwoordigers in die toernooi, Garsfontein, wat verlede week as die Blou Bulle se kampioen gekroon is, en Monnas, het albei hul rieme styfgeloop.

Garsies het op ’n goeie noot begin deur Outeniqua met 19-10 te klop, maar sou later deur die einste Kwaggas uit die Beker-afdeling geskakel word toe hulle met 12-19 vasgeval het in die kwarteindstryd.

Die Garsies het wel die Hoër Tegniese Skool Drostdy met 40-7 afgeransel en Boishaai se tweede span met 26-14 geklop en ook vir Parel Vallei getroef.

Monnas het swaar getrek en buiten hul nederlaag teen Boishaai, het hulle hulself ook teen Paarl Gimnasium se tweede span vasgeloop met 31-15.

Monnas het HTS Belville met 36-0 oorrompel en ook vir Overberg met 41-10 ’n drag slae op die lyf laat loop.

Die span van die Rosestad het deurgaans voor die eindstryd gevaarlik gelyk en skoonskip gemaak. Grey het met seges oor Milnerton (45-0), Be The Difference- uitnodigingspan (41-0) en Boland Landbou (38-0) gespog voordat hy in die Beker-kwarteindstryd vir die Paarl Barbarians (26-12) en toe in die halfeindstryd vir Stellenberg (28-5) laat les opsê het.

Paul Roos het met Tygerberg (27-5), die Vuka Legends (24-14), Malibu (29-0) en toe twee keer met Parel Vallei afgereken, voordat hy deur Outeniqua geklop is.

Meer oor:  Skolerugby  |  Sewes  |  Hoër Jongenskool Paarl  |  Grey-Kollege
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.