Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Boishaai verdedig sy seweskroon

Die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) het Saterdag sy titel verdedig by die jaarlikse Marius Schoeman-sewestoernooi wat by Paarl Gimnasium gehou is.

Thumb.

Die Paarliete het die Hoërskool Monument van Krugersdorp in die o.17’s se beker-eindstryd met 24-7 geklop om vir die tweede agtereenvolgende jaar as die kampioen gekroon te word.

Boishaai het Vrydag in hul eerste groepwedstryd die Hoërskool Hermanus met 45-0 platgevee, voordat hulle na nog ’n hoër rat oorgeskakel het om hul bure en die gasheer ’n groot drag slae op die lyf te haal toe hulle met 36-0 baas was. In hul laaste groepwedstryd het dinge egter nie so goed verloop nie. Hulle moes ’n sterk aanslag van die saamgeflanste Paarl Barbarians-span afweer om in die doodsnikke ’n drie te druk om met 5-5 gelykop te speel nadat hulle die doelskop reg voor die pale gemis het.

Saterdag het Boishaai egter goed kopgehou om die Hoërskool Durbanville met 12-7 te klop in die beker-kwarteindstryd, waarna hulle teruggeveg het om die Afrikaanse Hoër Seunskool met 19-14 te troef in die beker se halfeindstryd.

Monnas was op die eerste dag in ’n verwoestende bui en het die Vuka SA Legends 62-0 geklap en ook Milnerton met 52-0 laat les opsê.

Hulle het in die kwarteind die Hoërskool Outeniqua in ’n opwindende wedstryd met 38-21 uitoorlê. In die halfeind moes die Hoër Landbouskool Oakdale met 31-22 ook die knie buig voor die span van Krugersdorp.

Affies was op die eerste dag ook een van die groot uitblinkers. Hulle het die Hoër Tegniese Skool Drostdy met 33-14 geklop, voordat hulle die Hoërskool Overberg van Caledon met 43-7 en daarna die Hoërskool Tygerberg met 63-0 pak gegee het.

In die beker se kwarteind het Affies weer met die manne van Drostdy swaarde gekruis en ook vir hulle ’n tweede nederlaag met 45-14 uitgedeel, maar hulle toe teen Boishaai vasgeloop.

In die uitspeelstryd om die derde en vierde plek het die Hoër Landbouskool Oakdale ook uiteindelik te veel skietgoed gehad en het Affies met 31-19 geklop.

Oakdale was in die kwarteindstryd teen die Hoërskool Garsfontein baas met 19-14.

In die o.15-afdeling het Paarl Gimnasium sake oorheers.

Gimmies het in die beker-eindstryd vir Boland Landbou met 27-14 met hul stert tussen die bene gelaat.

Meer oor:  Sewesrugby  |  Skolerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.