Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Cloete Grey se ster in sege oor Waterkloof

’n Driekuns aan drieë deur die vleuel Marcell Muller het Grey-kollege gehelp om Waterkloof gister in Pretoria af te ransel.

Grey, sonder heelparty van sy sterre soos Jan-Hendrik Wessels en George Cronjé, het uiteindelik verspotmaklik met 63-27 gewen.

Die groot uitblinker was die Grey-agtsteman, Janco Cloete, wat twee baie goeie drieë gedruk het, maar ook met sy algemene spel die oog gevang het. Dit was Cloete, wat bekend is as ’n sewesspeler, se eerste kans in die beginspan. Hy het die geleentheid met albei hande aangegryp.

Paarl Gimnasium het min moeite op sy tuisveld ondervind om Rondebosch Boys’ High met 47-26 te klop.

Die wenspan se haker, Liam Compion, het ook drie keer agter die besoekers se doellyn gaan kuier. Gerhard van Niekerk, die wenspan se stut, het ’n barshou gespeel.

Van Gimmies se spelers wat onlangs by die o.18-Cravenweek vir die Westelike Provinsie uitgeblink het, soos die flank Pierich Siebert en die skrumskakel Bobby Alexander, het die veld vroeg verlaat. Tog het veral Siebert sy soveelste goeie vertoning van die seisoen gelewer.

Stravino Jacobs, wat gewoonlik op vleuel uitdraf, moes noodgedwonge gister senter speel. Hy het ’n paar goeie duikslae uitgevoer, maar ongelukkig ook ’n paar foute begaan.

Boishaai het Oakdale Landbou met 42-0 geklop en in die proses sewe drieë gedruk. Die wenspan se senter Quan Horn het twee van sy span se drieë gedruk.

Wim Pretorius berig dat Affies Maritzburg College se neuse in Pretoria se grond gevee het. Affies het 12 drieë ingeryg om met 78-16 te wen.

Welkom-Gimnasium het sy derby teen sy buurman Goudveld gemaklik met 43-16 gewen, en sodoende verseker dat hy die Griffons-liga onoorwonne afsluit.

Meer oor:  Waterkloof  |  Grey-Kollege
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.