Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Coke maak U-draai oor Cravenweek

SA Rugby het nog nie ’n borg vasgeteken vir een van sy jeugweke nie, maar Coca-Cola is een van die minstens vyf bekende handelsmerke wat belang stel om betrokke te raak.

Die name van die ander sluit glo onder meer in twee van die land se bankreuse.

Coca-Cola het einde 2018 – ná ’n verbintenis van 34 jaar – sy borgskap met SA Rugby beëindig.

Ouers, unies en in sekere gevalle skole, sal egter self moet betaal as hul kinders die spanne vir die o.13-Cravenweek of o.18-Akademieweek haal.

SA Rugby het toe verlede jaar self die koste gedra vir die jeugweke, wat sowat R10 miljoen beloop het.

Die Springbokke se verowering van die Wêreldbeker en die meegaande positiewe blootstelling wat SA Rugby daarna gekry het, kon onder meer daartoe gelei het dat Coca-Cola die onverwagse U-draai wil maak.

Kry die beheerliggaam nie sy onderhandelinge met Coca-Cola of een van die vier ander voornemende borge betyds vasgeknoop nie, sal SA Rugby vanjaar die koste vir die o.18-Cravenweek en die o.16-Grant Khomo-toernooi dra.

Ouers, unies en in sekere gevalle skole, sal egter self moet betaal as hul kinders die spanne vir die o.13-Cravenweek of o.18-Akademieweek haal.

Dit kan sonder vervoerkoste sowat R3 150 beloop per kind wat vir die o.13’s se nasionale week en die o.18’s se Akademieweek gekies word.

Die o.18-Cravenweek sou oorspronklik van 29 Junie tot 4 Julie by die Nelson Mandela-Universiteit (NMU) in Port Elizabeth plaasvind, maar dit en die Grant Khomo-toernooi sal nou volgens ’n skrywe van Noël Ingle, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Skolerugbyvereniging (Sasra), van 21 Junie tot 27 Junie aangebied word.

Die o.13-Cravenweek en o.18-Akademieweek sal van 14 Junie tot 18 Junie by Jeppe High School in Johannesburg plaasvind.

Die o.13’s se toernooi sal van vier wedstryde per span tot drie verkort word.

Die unies is ’n sperdatum van 14 Februarie gegee om te bevestig of hulle wel spanne sal stuur om aan die toernooie deel te neem.

Die o.13-Cravenweek en o.18-Akademieweek sal egter net voortgaan as dit self befonds word.

Ingle bevestig in sy skrywe dat Sasra hom tot SA Rugby se strategiese transformasieplan verbind. Daarvolgens moet elke groep van 23 spelers wat vir die nasionale weke gekies word uit ’n minimum van 12 spelers van kleur bestaan.

Meer oor:  Sa Rugby  |  Coca-Cola  |  Cravenweek  |  Borg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.