Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Covid-19 lak groot skolesport

Dit is ’n lang droë tydperk wat op ondersteuners van skolesport wag nadat Covid-19 Sondagaand as ’n nasionale ramp deur pres. Cyril Ramaphosa verklaar is.

Met die skole wat Woensdag 18 Maart sluit en eers weer op Dinsdag 14 April open, is die veiligheid van leerlinge, onderwysers, ouers en ondersteuners die eerste prioriteit.

Atletiek Suid-Afrika (ASA) het Maandag in ’n verklaring bevestig dat sy nasionale Atletiekbyeenkomste vir laerskole en ook vir hoërskole albei vir eers op ys gesit sal word.

Die Nasionale Kampioenskap vir Laerskole was geskeduleer om in Pietermaritzburg plaas te vind op 20 en 21 Maart, met die Nasionale Kampioenskap vir Hoërskole wat van 26 – 28 Maart in die Paarl gehou sou word.

“Met riglyne vanaf die regering oor die virus sal ASA ná die 15de April vergader en inligting gee oor die pad vorentoe, afhangend van die status van die virus in die land op daardie stadium,” sê die nasionale liggaam in ’n verklaring.

Suid-Afrikaanse Skoleatletiek (Sasa) het ook bevestig dat sy Nasionale Atletiekkampioenskap vir Laerskole, wat van 25 Maart tot 27 Maart in Bloemfontein sou plaasvind, sowel as die Sasa Nasionale Kampioenskap vir Hoërskole, wat van 18 tot 21 Maart in Boksburg gehou sou word, uitgestel is.

Volgens Peppi Olevano, algemene sekretaris vir Sasa, sal nuwe datums ná 14 April oorweeg word.

Die jaarlikse Wildeklawer-sporttoernooi is een van talle skolesportgeleenthede wat weens Covid-19 afgestel is.Foto: Frans Lombard

Die Wildeklawer-superskolerugby-en-netbaltoernooi is ook Maandag uitgestel. Dié prestigetoernooi is een van die grootste gebeurtenisse op die jaarlikse skolesportkalender en was aanvanklik geskeduleer om van 25 tot 27 April by die Hoërskool Diamantveld in Kimberley gehou te word.

Volgens Jannie van der Westhuizen, voorsitter van die toernooi, is daar wel ’n moontlikheid dat ’n alternatiewe datum oorweeg kan word.

“Ons respekteer die verantwoordelikheid van skole teenoor hul leerlinge, asook die maatreëls wat deur die regering in plek gestel is om die situasie te beheer,” sê Van der Westhuizen in ’n verklaring.

“Die uitvoerende komitee het gevolglik besluit om die Wildeklawer-sporttoernooi van 2020 onbepaald uit te stel. Die moontlikheid om die toernooi, selfs in ’n gewysigde of verkorte vorm, later aan te bied, sal ondersoek word.”

Hy het egter reeds bevestig dat die toernooi in 2021 sal voortgaan.

Die gewilde Noord/Suid-rugbytoernooi, wat van 20 tot 24 Maart deur Hoërskool Waterkloof aangebied sou word, is ook geskrap.

“Dit is met groot hartseer dat die bestuur van die Noord/Suid-toernooi besluit het om die geleentheid te kanselleer,” lui ’n verklaring vanaf die organiseerders.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) se Eeufeestoernooi, wat tussen 24 en 28 Maart gehou sou word saam met die Francois Swart-rugbyweek vir o.15’s is ook geskrap.

Buiten dié groot toernooie, is die jaarlikse Paastoernooi by St. John’s College, St. Stithian’s College en King Edward VII School (KES) ook van die baan.

Meer oor:  Wildeklawer-Rugbytoernooi  |  Skolerugby  |  Koronavirus  |  Skoleatletiek  |  Asa  |  Sasa  |  Skolesport  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.