Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Covid-19 plettervat Virsekerbeker

Weens die Covid-19-pandemie is die Virsekerbeker-reeks, asook alle liga- en vriendskaplike rugbywedstryde wat vanjaar onder die vaandel van die Blou Bul Hoërskole-rugbyvereniging sou plaasvind, gekanselleer.

Monument se Tinus Combrinck probeer verby Paul Rheeder van Nelspruit kom in ’n kragmeting in die Virsekerbeker-reeks in 2017. Foto: Gallo Images

Ferdi Niemand, voorsitter van dié vereniging en die Noordvaal-hoërskolerugbyvereniging, sê in verklarings van dié twee verenigings die besluit om die Virsekerbeker-reeks vanjaar op te skort is behalwe vir die koronavirus ook geneem weens die finansiële implikasies wat met die virus gepaardgaan.

“Met die aanduiding dat gr. 12-leerlinge eers teen 1 Junie kan terugkeer skool toe, gaan die voltooiing van die akademiese jaar voorrang geniet. Dit gaan reeds groot druk op onderwysers plaas om akademiese werk en tyd in te haal. Vakansies (indien enige) en moontlik Saterdae gaan waarskynlik deur skole hiervoor gebruik word,” sê Niemand.

Vanjaar se Cravenweek-toernooi is reeds vroeër gekanselleer weens die Covid-19-pandemie.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het die afgelope week aangekondig dat die plan is dat leerlinge in gr. 7 en matriek op 1 Junie sal terugkeer skool toe. – Sportredaksie

Meer oor:  Skolerugby  |  Virsekerbeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.