Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Bulle, Leeus se B-spanne bly in slag

Volgende jaar se o.18-Cravenweek-rugbytoernooi sal met twee spanne, van 18 na 16, verminder word.

Zeilinga Strydom van die Blou Bulle op die aanval teen die Westelike Provinsie in die hoofwedstryd van vanjaar se o.18-Cravenweek-toernooi in Bloemfontein. Foto: Gallo Images

Die 57ste weergawe van dié prestigeryke skoletoernooi sal in Port Elizabeth gehou word by die Nelson Mandela-Universiteit (NMU), maar dié keer sonder die Blou Bulle en Goue Leeus se B-spanne.

Die Westelike Provinsie sal wel steeds ’n A- en B-span op die veld stoot.

Die Blou Bulle se B-span het ’n suksesvolle Cravenweek in 2019 beleef en twee van sy drie wedstryde gewen. Hy het op die eerste dag die Goue Leeus se B-span met 32-21 geklop, voordat die Griffons se A-span hom met 50-22 afgeransel het. Hy het egter die Valke se A-span met 63-26 gegaffel op die laaste dag.

Die Johannesburgers se B-span het ook klippe gekou teen die Limpopo Blou Bulle (24-46), waarna hy verras het met ’n oorwinning oor Griekwas (38-31).

Die Streeptruie se B-span was die afgelope twee jaar, soos sy A-span, een van die grootste uitblinkers by die toernooi en sal welverdiend sy plek behou.

Hy het vanjaar die Goue Leeus se A-span met 18-14 getroef, voordat hy in die doodsnikke met 34-36 teen die Blou Bulle se A-span vasgeval het. Hy het egter die SWD Arende se A-span met 45-30 kafgedraf op die laaste dag.

Die besluit om die toernooi te verklein, is grootliks vanweë die onttrekking van Coca-Cola as ’n hoofborg aan die einde van 2018. Dié maatskappy het 35 jaar lank jeugweke geborg.

Die Cravenweek vind 29 Junie tot 4 Julie plaas.

Die bepalings is:

Maandag, 29 Junie: Oostelike Provinsie t. Griekwas; Haaie t. Valke; Boland t. Westelike Provinsie B-span; Westelike Provinsie t. Grens.

Dinsdag, 30 Junie: Pumas t. Limpopo Blou Bulle; Griffons t. Luiperds; Suidwestelike Distrik t. Vrystaat; Blou Bulle t. Goue Leeus.

Meer oor:  Cravenweek  |  Skolerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.