Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Cravenweek in 2020 in Port Elizabeth

Die o.18-Craven- en Akademieweek sal in 2020 die eerste keer sedert 2012 in Port Elizabeth gehou word.

Die Westelike Provinsie sal in 2022 weer die Cravenweek aanbied. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het Maandag al die gashere vir sy jeugweke tot en met 2022 bekend gemaak.

Die Hoërskool Monument in Krugersdorp sal in 2021, tydens sy eeufees, as gasheer optree, terwyl dié eer Rondebosch Boys’ High in Kaapstad in 2022 te beurt sal val.

Die o.13-Cravenweek en o.16-Grant Khomo-week sal volgende jaar by Jeppe High School for Boys in Johannesburg gehou word, met Durban High School in 2021 en die Hoërskool Diamantveld in Kimberley wat dit in 2022 sal aanbied.

Jeppe sal ook in 2020 sowel as 2021 die o.16’s en o.18’s se nasionale weke vir meisies aanbied.

In 2022 sal die HT Pelatona Projects-stadion in Welkom by Jeppe oorneem vir dié weke.

Hoewel die Goue Leeus die volgende drie jaar die Iqhawe-week sal aanbied, moet die gashere nog bevestig word.

Die o.17’s se nasionale sewestoernooi sal in 2020 deur die Suidwestelike Distrikte aangebied word, met die Westelike Provinsie (2021) en Griekwas (2022) wat sal volg.

Die LSEN-week (vir leerders met spesiale behoeftes) is volgende jaar by die Streeptruie, met die Goue Leeus (2021) en SWD (2022) wat daarna gasheer speel. – Sportredaksie

Meer oor:  Cravenweek  |  Skolerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.