Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Cravenweek: KZN sit Vrystaat ore aan

KwaZulu-Natal het Donderdag vir ’n groot skok gesorg toe hy die o.18-Cravenweekspan van die Vrystaat met 29-20 ore aangesit het by Brugstraat in die Paarl.

Dit was die Haaie se tweede agtereenvolgende sege oor die Vrystaters by die Cravenweek-toernooi nadat hulle in 2012 met 48-24 die span sy grootste nederlaag ooit in daardie stadium gegee het.

Revan Strydom van Boland word met die bal in die hand deur die Blou Bulle gekeer. Foto: Gallo Images

Die Vrystaat het eerste bloed geruik toe André-Hugo Venter die 22ste drie deur ’n haker in vanjaar se toernooi gaan druk het, maar daarna was die Vrystaat se swak hanteerwerk, tesame met die Haaie se vermoë om dit uit te buit, die span van die Rosestad se ondergang.

Die agtsteman, Celimpilo Gumede, het die Haaie se eerste gedruk voordat die stut Thabiso Mdletshe ’n fout deur die Vrystaatse skrumskakel, Ross Braude, aangegryp het om aan die Natallers ’n voorsprong met 19-10 met die rustyd te gegee.

Die Vrystaters se hantering het hulle ’n tweede keer in die steek gelaat met ’n los bal wat tot die Haaie se derde drie gelei het toe die flank George Luzolo gaan druk het.

Die sege het waarskynlik die deurslag gegee dat die Haaie Saterdag in die nie-amptelike eindstryd van die toernooi teen die Westelike Provinsie te staan kom.

Die Boland het sy beste uitslag op die Cravenweek sedert 1995 teen die Blou Bulle behaal. Die Wynboertjies het 19-17 gewen. Die Bulle was in 2015 (40-12), 2011 (50-15), 2009 (52-0) en 2004 (32-11) gemaklik baas. In 1995 het hulle 13-13 gelykop gespeel.

Die Bulle het hul tweede agtereenvolgende nederlaag in die toernooi gely, met Lionel April en Shane-Cole Williams wat vir Boland gedruk het en April wat ook met die skopskoen die praatwerk gedoen het.

Isrome Phatudi van die Luiperds in aksie teen die Griekwas.Foto: Gallo Images

* Die Luiperds het soos tiere verdedig om Griekwas met 17-6 te stuit. Die rugbyspan van Noordwes was met die rustyd met 10-6 voor.

Die Luiperds het rotsvas verdediging en Griekwas deurgaans verhoed het om deur te breek, al het Griekwas die meeste balbesit gehad.

* Die Suidwestelike Distrikte en die Goue Leeus se uitnodigingspan het nie toegelaat dat die eendeweer hulle onderkry nie en met goeie hardlooprugby vorendag gekom. SWD het dié stryd met 38-24 gewen om die Goue Leeus-uitnodigingspan ’n tweede agtereenvolgende loesing toe te dien. Die wenspan het ses keer agter die doellyn gaan draai.

* Die Westelike Provinsie se uitnodigingspan en die Valke was in een van die taaiste wedstryde van die toernooi gewikkel, met die tuisspan wat met 26-8 gewen het.

Saterdag se bepalings:

A-veld:

08:00: SWD t. Pumas

09:30: WP-uitnodigingspan t. Blou Bulle

11:00: Grens t. Vrystaat

12:30: Goue Leeus t. Boland

14:00: Haaie t. Westelike Provinsie.

B-veld:

08:00: Griekwas t. Limpopo Blou Bulle

09:30: OP t. Luiperds

11:00: Blou Bulle-uitnodigingspan t. Goue Leeus-uitnodigingspan

12:30: Valke t. Griffons.

* Intussen is die o.18-sewesgroep aangewys wat Suid-Afrika by die Afrika-jeugspele sal verteenwoordig. Dit word van 18 tot 28 Julie in Algerië gehou word.

Die groep is: Christie Grobbelaar (HTS Drostdy, Boland), Dawid Kellerman (Paarl Gim, Westelike Provinsie), Tiaan Pretorius (Paul Roos, Westelike Provinsie), Celimpilo Gumede (Durban High School, KwaZulu-Natal), Louwan Horne (Hoër Jongenskool Paarl, Westelike Provinsie), William Rose (Bishops, Westelike Provinsie), Kobus Hattingh (Wilgerivier, Griffons), Ross Braude (Grey-kollege, Vrystaat), Muzi Manyike (Jeppe, Goue Leeus), Diego Appolis (Garsfontein, Blou Bulle), Ofense Maubane (Curro Heuwelkruin, Limpopo Blou Bulle), Ethinique Adams (Worcester Gim, Boland).

Cravenweek:

Puntemakers:

Luiperds 17 (10): Drieë: Andries Rossouw, Max Williamson. Doelskoppe: Frank-Lee Jackson (2). Strafdoel: Jackson. Griekwas 6 (6): Strafdoele: Salmon Oberholzer, Handre Bruwer.

Suidwestelike Distrikte 38 (28): Drieë: Janco Klinck, Clyde Lewis, Vernon Paulo (2), Johannes Gous, Magnus Muller. Doelskoppe: Lewis (4). Goue Leeus-uitnodigingspan 24 (12): Drieë: Neil Hoffman, Brendon Pawson, James Macindoe, Ngia Selengebe. Doelskop: Reece Botha (2).

Westelike Provinsie-uitnodgingspan 26 (8): Drie: Dean Nieuwoudt, Allister Williams (2). Doelskoppe: Nivan Petersen. Strafdoele: Petersen (3). Valke 8 (3): Drie: Dian Coetsee. Strafdoel: Aurelio Philander.

Boland 19 (14): Drieë: Lionel April (2), Shane-Cole Williams. Doelskoppe: April (2). Blou Bulle 17 (10): Drieë: Campwill Willemse, Divan Venter. Doelskoppe: Regardt Roets (2). Strafdoel: Roets.

KwaZulu-Natal 29 (19): Drieë: Celimpilo Gumede, Thabiso Mdletshe, George Luzolo (2), Dylan Pretorius. Doelskoppe: Dylan Pretorius (2). Vrystaat 20 (10): Drieë: André-Hugo Venter, Richard Kriel. Doelskoppe: Zander du Plessis (2). Strafdoele: Du Plessis (2).

Akademieweek:

Limpopo Blou Bulle 25, Westelike Provinsie-uitnodigingspan 14;

Griekwas-Platteland 26, Pumas-Platteland 26;

Griffons 15, Goue Leeus-uitnodigingspan 6;

Griffons-Platteland 17, Grens-Platteland 8;

Goue Leeus 21, Oostelike Provinsie 21;

Suidwestelike Distrikte 45, Oostelike Provinsie-Platteland 15;

Vrystaat 29, Blou Bulle 18.

Meer oor:  Cravenweek  |  Vrystaat  |  Paarl  |  Kwazulu-Natal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.