Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Cravenweek uitgestel weens Covid-krisis
Die Hoërskool Monument se linkervleuel Brian Bianchina op volle vaart op pad na sy uitstekende drie teen die Hoërskool Waterkloof in die eerste ronde van die Virsekerbeker-reeks op 8 Mei. Foto: Frans Lombard

Die Suid-Afrikaanse Skolerugbyvereniging (Sasra) het die week met die ondersteuning van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) vanjaar se Cravenweek vir o.18-spelers tot na die Oktober-skoolvakansie uitgestel.

Die departement van basiese onderwys sal egter nog toestemming moet gee voordat die toernooi sal kan plaasvind.

Die vernaamste aanwysers dui daarop dat die land ná die skoolvakansie in Julie ’n afplatting van koronavirusgevalle sal hê en dat die piek van die derde vlaag dan verby sal wees. Sasra hoop gevolglik om dan die nodige toestemming te kry dat daar weer aan kontaksport deelgeneem mag word.

Die aanvanklike beplanning was dat die Cravenweek in Julie by die Hoërskool Monument in Krugersdorp sou plaasvind.

Sasra is terselfdertyd bewus daarvan dat Oktober ’n kritieke tyd vir matriekleerlinge is. “Die leerlinge sal dan tussen die rekordeksamen en eindeksamen wees, vandaar die vroeëre besluit om verantwoordelike akademiese voorbereiding toe te laat,” skryf Noel Ingle, voorsitter van Sasra, in ’n brief wat Vrydag wyd onder die land se rugbybase versprei is.

“Sasra sal spelers die geleentheid bied om saans en op afdae onder toesig aan akademiese aktiwiteite deel te neem.

“Daar kan individuele skole wees wat verkies om nie in die derde kwartaal rugby te speel nie. Sasra sal ook hul besluit respekteer.”

Unies het ook op dié week se vergadering aangedui dat hulle in die Oktober-vakansie aan die Grant Khomo-toernooi wil deelneem. Saru soek nog na ’n borgskap vir dié jeugweek.

Meer oor:  Cravenweek  |  Uitgestel  |  Covid-19  |  Saru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.