Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Crawford se o.16’s wen sokkerliga

Crawford College in Sandton se o.16-seunssokkerspan het die Marist Brothers Linmeyer onlangs in die eindronde van die onafhanklike skolesokkerliga (ISSL) geklop.

Crawford het Marist by die Randburg-sokkerklub met 2-1 geklop.

“Die o.16-seuns het ’n fenomenale jaar gehad, sê Charles Smith, sportdirekteur.

“Hulle het in die kwarteindronde teen die Saint Barnabas College in Randburg te staan gekom.

Crawford se o.16-sokkerspan pronk ná hul oorwinning vir ’n foto. Van links voor is David Ewen, Ndzaalama Manganya, Michael Tankle, Josef Palos, Sean Marakakgoro, Lehlogonolo More, Lynden Ntsubane en Daron Baumann. In die middel is Hack Daniel, Njabulo Khoza en Arthur Magaya. Agter is Daniel de Wet, Kwame Addo-Obiri, Alec Turner, Adi Shaff, Daniel Shapiro, Tembela Caza, Isa Garda en Sibanda Vusumuzi.

“Hulle het die span oortuigend met 4-1 geklop.”

Daron Baumann en Lynden Ntsubane het verseker dat Crawford as die ligawenners wegstap.

Baumann se strafskop in die eerste helfte het verseker dat Crawford teen halftyd met 1-0 voorgeloop het.

Ntsubane het toe in die tweede helfte ’n uitstekende doel geskop.

Toe daar slegs 15 minute oor was, het Marist ’n doel geskop en die laaste paar minute was baie spanningsvol.

“Die span het uiteindelik ’n dapper oorwinning van 2-1 gehad en as die ligawenners weggestap,” sê Smith.

Meer oor:  Sandton  |  Skolesport  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.