Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Dié skole deur tot Super-eindronde
Die Hoërskool Klerksdorp se Kayla van der Bergh sal een van diegene wees om dop te hou in die 100 m-hekkies by 2020 se Superskole-atletiekreeks se eindronde. Foto: Frans Lombard

’n Unieke byeenkoms sal in 2020 van Suid-Afrika se voorste kragte in skoleatletiek teen mekaar opweeg wanneer die noorde en die suide swaarde kruis.

Nie minder nie as 57 skole sal in Februarie opruk na die Universiteit van Pretoria se L.C. de Villiersstadion waar hulle in die o.16 en o.19 afdelings sake op die atletiekbaan sal uitspook by die Superskole-atletiekreeks wat deur Twizza geborg word.

Twee byeenkomste is in die verskillende streke gehou waar skole se uitslae bepaal het of hulle vir die eindronde kwalifiseer.

Die noorde se byeenkoms is op 19 September by Tuks gehou met skole vanuit Gauteng, Mpumalanga, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Limpopo, Noordwes en die Noord-Kaap wat probeer kwalifiseer het.

Die suide, bestaande uit skole vanuit die Wes-Kaap en Oos-Kaap, het op hul beurt weer op 5 Oktober hul kwalifiserende ronde gehad.

Vanuit die noorde se geledere sal die Jakaranda A-bond interhoër van 2019 se afdeling-wenners die Afrikaanse Hoër Seunskool, Afrikaanse Hoër Meisieskool en Hoërskool Menlopark onder die deelnemers tel, terwyl die Helpmekaar Kollege van Johannesburg, Dr. EG Jansen van Boksburg, Garsfontein, Prestige College van Hammanskraal, Waterkloof en die Tuks Sportskool almal ook ’n sterk saak sal stel.

Bethlehem Voortrekker Hoërskool en Vorentoe High School van Johannesburg sal veral in die langafstande uitblink.

Die Parkies het tydens die kwalifiserende ronde die gemengde afdeling én die meisiesafdeling gewen, terwyl Affies se seuns koning gekraai het in die seunsafdeling.

Die Parkies het tydens die kwalifiserende ronde die gemengde afdeling én die meisiesafdeling gewen, terwyl Affies se seuns koning gekraai het in die seunsafdeling.

Die Parel Vallei High School het weer die septer geswaai in die suide se gemengde afdeling, met die La Rochelle Girls High wat die meisiesafdeling oorheers het en die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) wat in die seunsafdeling geseëvier het.

Dit sal egter as ’n nadeel beskou word dat die eindronde op 1 Februarie gehou word wanneer meeste skole se atletiekseisoen nog nat agter die ore gaan wees en atlete steeds op soek sal wees na hul beste peil.

Skole heropen eers op 15 Januarie wat beteken dat die atlete nie veel tyd sal hê om die roes af te skud nie.

Vir meeste skole sal dié byeenkoms waarskynlik betreklik laag op die prioriteitslys wees met die interhoërs wat uiteraard steeds die hooffokus sal wees.

Nietemin word die byeenkoms deur Twizza bemark as die een wat die “beste atletiekskool in Suid-Afrika” sal aanwys.

Dít ten spyte van ’n tekort aan o.14, o.15 en o.17 afdelings.

Die trofee waarmee die wenners huiswaarts sal mik sal self ook glo die “grootste in Suid-Afrikaanse skolesport” luidens Twizza wees, hoewel dié nog nie sy verskyning gemaak het nie.

Skole wat deur is na die eindronde:

Noorde: Afrikaanse Hoër Seunskool, Afrikaanse Hoër Meisieskool, Hoër Tegniese Skool Louis Botha, Hoër Tegniese Skool Middelburg, Hoërskool Klerksdorp, Hoërskool Menlopark, Hoërskool Nelspruit, Potchefstroom Gimnasium, Bethlehem Voortrekker Hoërskool, Hoërskool Warmbad, Hoërskool Akasia, Benoni High School, Hoërskool Centurion, Hoërskool Dr. EG Jansen, Hoërskool Eldoraigne, Fourways High School, Hoërskool Garsfontein, Helpmekaar Kollege, Hoër Tegniese Skool Tuine, Jeppe High School for Boys, Hoërskool Kempton Park, Midstream College, Hoërskool Montana, Hoërskool Monument, Hoërskool Noordheuwel, Hoërskool Oos-Moot, Prestige College, Pretoria Boys High School, Hoërskool Randburg, Tuks Sportskool, Hoërskool Uitsig, Vorentoe High School, Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Zwartkop, Hoërskool Lydenburg, Potchefstroom Boys High School, Hoërskool Dr. Malan, Hoërskool Florida, Sutherland High School.

Suide: Hoër Jongenskool Paarl, Hoërskool Belville, Boland Landbou, Hoërskool DF Malan, Hoër Tegniese Skool Drostdy, Paul Roos Gimnasium, Wynberg Boys High School, Hoërskool Parow, Fairmont High School, Hoërskool Hugenote (Wellington), La Rochelle Girls High School, Hoërskool Duineveld, Hoër Meisieskool Bloemhof, Hoër Meisieskool Paarl, Parel Vallei High School, Milnerton High School, Hoërskool Stellenberg, Sarepta Secondary School.


Meer oor:  Atletiek  |  Eindronde  |  Reeks  |  Kwalifiseerders  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.