Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Taylor-vyfkuns plaas Pieties in halfeind

Die Hoërskool Pietersburg se senter en Cravenweek-speler, Taylor du Plessis, het die kollig gesteel toe hy vyf keer oor die doellyn geseil het in sy span se oorwinning oor die Hoërskool Secunda in Afdeling 2 van die Virsekerbeker-reeks.

Virsekerbeker-reeks.Foto: Verskaf

Die Pieties was met 36-21 baas in dié kwarteindstryd en het daarmee hul plek in die halfeindronde vasgemaak.

Hulle sal nou sake teen die Hoërskool Klerksdorp uitspook vir ’n plek in die eindstryd.

Klerksdorp het ’n wegholoorwinning oor die Hoërskool Overkruin behaal toe hy met 52-22 baas was.

Ligbron Akademie het self sy plek in die ander halfeindstryd verseker deur vir Midstream College oortuigend met 48-7 die loef af te steek.

Hulle sal nou teen die Hoërskool Wesvalia te staan kom.

Wesvalia het op sy beurt die kitaar geslaan teen die Hoërskool Ermelo en was met 40-15 baas.

* In Afdeling 3 sal die titel tussen die Leeuwenhof Akademie en Curro Heuwelkruin van Polokwane uitgespook word.

Dit volg nadat Leeuwenhof in die halfeindstryd vir die Hoërskool Standerton met 24-19 geklop het, terwyl Curro Heuwelkruin vir die Hoërskool Fochville met 32-17 getroef het.

* Die Hoërskool Warmbad en Springs Boys’ High School sal swaarde kruis in die eindstryd van Afdeling 4.

Warmbad het gemaklik met 34-5 met die Hoërskool Akasia klaargespeel in die halfeind, met die manne van Springs wat vir Steelcrest van Middelburg met 34-27 ore aangesit het.

* Die Hoërskool Ben Vorster het Saterdag net-net kort van sy 100-tal geval toe hy vir die Hoërskool Zwartkop met 95-24 vermorsel het in die Plaat-afdeling van Afdeling 1 van die Virsekerbeker-reeks.

Die Vossies was rustyd reeds met 36-12 voor, voordat die damwal summier gebreek het en hulle nog 59 punte in die tweede helfte opgestapel het.

Die tuisspan se regtervleuel, Zian van der Heever, het drie van sy span se 15 drieë afgerond.

Die flank Renzo du Plessis, wat vir die Suid-Afrikaanse Skole A-span gekies is ná die Cravenweek-toernooi in Bloemfontein, was vernietigend op die aanval en het ook sy span se eerste drie gedruk. Hy was ook betrokke by talle van sy span se ander drieë.

Meer oor:  Skolerugby  |  Virsekerbeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.