Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Du Toit-vierkuns help Affies tot rekordsege

Die Afrikaanse Hoër Seunskool se eerste rugbyspan het Saterdag sy stem dik gemaak toe hy die Hoërskool Diamantveld van Kimberley se tjank met ’n rekordtelling van 85-10 afgetrap het in Pretoria.

Een pad, en dit is doellyn toe! Affies se buitesenter Christiaan du Toit het vier keer teen die Hoërskool Diamantveld van Kimberley gedruk.Foto: William Brown

Affies het 13 keer agter die doellyn gaan kuier met die wedstryd wat boonop tien minute vroeg gestop is.

Dit was die Pretorianers se grootste sege oor sy teenstanders sedert die skole mekaar die eerste keer in 1985 gepak het. Affies het nog nooit die knie in dié kragmeting gebuig nie met sy vorige grootste oorwinning wat in 2016 gekom het toe hy met 64-17 baas was.

Dit was ’n dag wat Christiaan du Toit, wat op buitesenter uitgedraf het vir Affies, nog lank sal koester.

Dít nadat sowat vyf minute in die tweede helfte geheel en al aan hom behoort het.

Du Toit het binne vier minute drie langafstand drieë gedruk om by die een te voeg wat hy reeds in die eerste helfte agter sy naam geskryf het.

Hiermee het hy net die 13de speler in die skool se geskiedenis geword wat vier of meer drieë in ’n eerstespanwedstryd kon druk.

Dit was die Pretorianers se grootste sege oor sy teenstanders sedert die skole mekaar die eerste keer in 1985 gepak het.

Die Affie-linkervleuel Björn van Wyk het ook ’n sterk saak gestel vir waarom hy nie sommer uit die span gelaat kan word nie.

Van Wyk, wat teen die Helpmekaar Kollege vir die tweede span moes uitdraf, het twee keer gedruk, maar dit was veral sy tweede wat ’n ware vleuel-juweel was.

Daarbenewens het dit meer as een verdediger gekos om hom te stuit elke keer wat hy besit gehad het.

Vir die Diamonds het sake vroeg al skeefgeloop.

Sy lynstane het deurlopend gelol en die besoekers onder groot druk geplaas, terwyl sy verdediging glad nie opgewasse vir die sterk baldraers van die tuisspan was nie.

Diamantveld verdien egter steeds ’n klop op die skouer vir die wyse waarop hy by die afbreekpunte nie vir Affies teruggestaan het nie.

Affies het boonop sy diepte onderstreep toe sy vyfde span verlede week die Hoërskool Staatspresident C.R. Swart se eerste span met 52-14 geslag het, terwyl sy derde span die eerste span van die Hoër Tegniese Skool John Vorster met 57-24 gekniehalter het.

* Grey-kollege van Bloemfontein het sy onoorwonne segetog voortgesit toe hy die Hoërskool Duineveld van Upington met 92-7 oorrompel het.

Sy binnesenter, Jean Smith, was vir 30 van sy span se punte verantwoordelik nadat hy twee die Vrystaters se 14 drieë gedruk en boonop tien daarvan verdoel het.

Die heelagter Franco Knoetze, die agtsteman Sisonke Vumazonke en die buitesenter Gert Steyn het almal ook twee keer agter die besoekers se doellyn besoek afgelê.

Sy tweede span, die Cherries, het op dieselfde dag die Hoërskool Jim Fouché se eerste span met 48-10 afgeransel, met sy derde span, die Peaches, wat ook die Hoërskool Upington se eerste span met 24-12 laat les opsê het.

Meer oor:  Skolerugby  |  Skolesport  |  Grey-Kollege  |  Affies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.