Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Elzandro sien uit na sy eerste eindstryd

Die Hoërskool Noord-Kaap se heelagter Elzandro Fredericks was teleurgesteld toe hy die afgelope week nie in die Suid-Afrikaanse Skolerugbyspan ingesluit is nie, maar het dit nou agter hom gesit.

Nou is dié 18-jarige se fokus op die eindstryd van die Sentrale Skoleliga.

Elzandro Fredericks in aksie vir Griekwas by die Cravenweek-toernooi vir o.18-spanne vroeër die maand in Bloemfontein. Foto: Gallo Images

Northerns en Voortrekker is Saterdag om 16:10 op Shimlapark in Bloemfontein slaags.

“ ’n Mens kan maar sê ek was hartseer toe ek nie gekies is nie, veral omdat ek die hele seisoen daarvoor gewerk het. Maar alles gebeur met ’n rede en dit is God se plan,” sê Fredericks, een van Griekwas se uitblinkers by die Cravenweek-toernooi vir o.18-spanne in Bloemfontein.

Noord-Kaap het sy plek in die eindstryd bespreek, deur Goudveld, 2018 se finalis, Woensdag in die halfeindstryd met 42-29 in Kimberley te klop.

Voortrekker sal oorloop van selfvertroue nadat hy Sentraal in die ander halfeind met 27-23 geklop het.

Diamantveld, wat in 2018 die kampioen was, speel Saterdag uit om die vyfde plek teen Jim Fouché.

“Ek dink as ons wil wen, sal ons verdediging goed moet wees. Maar ek is opgewonde en die spelers is gereed, dit is my eerste eindstryd as skolerugbyspeler en dit is spesiaal dat ek kaptein is,” sê Fredericks, wat op heelagter gaan diens doen.

Makazole Mapimpi in aksie vir die Haaie in die Superrugby-reeks. Foto: Getty Images

En net soos sy held, die Springbok-vleuel Makazole Mapimpi, is daar perde elke keer as hy aan die bal vat.

“Ngani Laumape (veelsydige agterspeler van die All Blacks) was eers my held, maar ek het nou ’n Suid-Afrikaanse held. Makazole speel interessante rugby. As hy aan die bal vat, is daar aksie,” sê Fredericks.

Hy word aanstaande jaar ’n Matie en gaan regte of onderwys studeer.

* Grey-kollege se voorryman Jan-Hendrik Wessels, wat die afgelope week in die Suid-Afrikaanse Skolespan ingesluit is, speel Saterdag slot teen Grey High in Bloemfontein.

Hy maak sy terugkeer ná ’n skorsing wat hy homself by die Cravenweek-toernooi vir die Vrystaat op die lyf geloop het.

Wessel du Plessis, afrigter van Grey, sê Wessels was altyd ’n slot en dat hy in die tweede helfte na die voorry sal skuif.

Die Bloemfonteiners was verlede jaar gemaklik met 63-8 in Port Elizabeth baas. Trouens die laaste keer wat Grey High teen Grey-kollege kon wen, was in 2014 toe hy met 27-20 koning gekraai het.

* ’n Moontlike driekuns wag op Riebeeckstad wanneer hy teen Blouskool in die eindstryd van die Sandveld-liga te staan kom. Die Riebies het reeds die afgelope twee jaar die liga gewen, en is boonop onoorwonne vanjaar.

Toe die twee spanne vroeër vanjaar teen mekaar te staan gekom het, was Riebeeckstad met 21-11 baas.

Die wedstryd word om 11:50 in die HT Pelatona-stadion in Welkom beslis.

Ander bepalings:

Sentrale Skolesportreeks (Shimlapark): 09:35: Jim Fouché t. Diamantveld (uitspeel om 5de plek), 11:00: Fichardtpark t. Witteberg (uitspeel om 7de plek), 14:45: Sentraal t. Goudveld (uitspeel om 3de plek).

Vrystaat-liga (tuisspan eerste): 13:30: Landboudal t. HTS Louis Botha. Vriendskaplik: 12:30 (tuisspan eerste): HTS Drostdy t. Duineveld

Puntemakers:

Noord-Kaap 42 (14): Drieë: Elzandro Fredericks, JJ Molete, Jacquin van Wyk, Alnino Lorten, Keano Windvogel, Devanito Vergotine. Doelskoppe: Corné du Plessis (6). Goudveld 29 (17): Drieë: Jubaren Adriaan (2), Dylan Smith, JP Knoesen. Doelskoppe: JC Allan (2), Smith. Strafdoel: Allan.

Meer oor:  Skolerugby  |  Interskole  |  Grey-Kollege
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.