Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
En Larries doen dit weer!

Om die 4M-byeenkoms te wen, raak nou al roetine vir die Hoër Meisieskool La
Rochelle – hulle is verlede week wéér met die trofee huis toe.

Vir die sesde agtereenvolgende jaar het dié skool die jaarlikse 4M-atletiekbyeekoms tussen die vier meisieskole gewen.

Die Hoër Meisieskool La Rochelle se spankapteine Leandra Custodio en Shannon Benjamin soen die beker nadat hul skool die 4M-byeenkoms vir die sesde jaar op ’n ry gewen het. Foto: SUZAAN POTGIETER

Hulle het stof in die ander skole se oë geskop en is Donderdagaand by die Dal Josafat-stadion in die Paarl met 470 punte as die wenners aangekondig.

Die Hoër Meisieskool Paarl was tweede (met 403 punte), die Hoër Meisieskool Bloemhof derde (met 375 punte) en die Rhenish Girls’ High School was vierde (met 117 punte).

Hoewel La Rochelle al gewoond geraak het aan die 4M-kroon, was dit steeds ’n emosionele wen.

Albei spankapteins Leandra Custodio en Shannon Benjamin het trane van vreugde ná hul oorwinning gestort.

By die stampvol stadion was daar ’n oorvloed van gees en opwinding en goeie sportmanskap op die atletiekbaan en -veld.

’n Hele aantal rekords is ook by die byeenkoms verbeter:

Cari Steenkamp (HMS Paarl) in o. 14-spiesgooi, Adrienne Gallop (La Rochelle) in o. 14-verspring, Anneken Viljoen (HMS Paarl) in o. 17 800 m, Leandra Custodio (La Rochelle) in o. 19 400 m, Kristi Snyman (HMS Paarl) in o. 19-hoogspring, Katinka Louw (La Rochelle) in o. 17 400 m en La Rochelle in albei die o. 15 en o. 14 4 x 100 m-aflosse.

Die HMS Paarl was die o. 14- en o. 15-ouderdomswenners en La Rochelle was die ouderdomswenners vir o. 17 en o. 19.

Die beste atlete per ouderdomsgroep was HMS Paarl se Andrea Beyers (o. 14), HMS Paarl se Taila Roos (o. 15), Bloemhof se Georgia Channon én Jana Liebenberg (o. 17) en La Rochelle se Janke Oosthuizen (o. 19).

Georgia en Jana is ook die atlete wat die meeste punte op die ASA-tabel aangeteken het en het dus die beste prestasie van die dag behaal.

Meer oor:  Atletiekbyeenkoms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.