Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Fichies en Rooies wéér slaags

Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Fichardtpark sal Saterdag – in die hoofwedstryd van sy sportdag – nes verlede jaar wéér die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) pak.

Leerlinge van die Hoërskool Fichardtpark voor hul sportdag. Van links is, voor: Nicole Scott en Bernice Booyzen van die eerste hokkiespan en Carmen Vorster en Lizbe Scott van die netbalspan; agter: Reno Kok, onderkaptein van die rugbyspan, en Nicolas du Buisson, die kaptein. Foto: Dirkie Groenewald

Fichardtpark het toe naelskraaps met 25-23 gewen, nadat die span van Kroonstad teen rustyd met 20-14 voor was.

’n Goeie tweestryd word in die middelveld verwag tussen die tuisspan se Reno Kok en Rooies se senter Joos Theron, wat ook goed dopgehou moet word.

Die Rooiskool was in 2017 laas die Griffons se skolekampioen. Hy het verlede jaar nie so ’n goeie seisoen beleef nie en kon nie vir die halfeindronde van dié streek se skolekompetisie kwalifiseer nie.

Fichies het verlede jaar in die halfeindronde van die Vrystaatse skoleliga met 17-27 teen Sentraal verloor.

Diamantveld en Goudveld is in ’n voorwedstryd slaags.

Diamantveld het HTS Louis Botha Maandag op Shimlapark net-net met 23-22 geklop.

Die Gouties was verlede jaar finaliste in die eindstryd van die Griffons se liga, waarin hulle teen Welkom-Gimnasium verloor het.

Van die Gimmies gepraat, hulle pak Sentraal, wat ’n finalis in die Vrystaatse liga was. Gimmies is die kampioene van die Shimla- én Griffons-skoleliga.

* Grey-kollege, wat later vandeesmaand in die Wêreld-skolerugbyfees in Stellenbosch teen Christchurch Boys’ High en Southland Boys’ High van Nieu-Seeland speel, begin sy seisoen in Upington teen Griekwas se skolekampioen, Duineveld.

Duineveld het verlede jaar ’n droomseisoen beleef deur die eerste keer as ligakampioen gekroon te word.

Grey het op sy beurt 2018 as die voorste span in die land afgesluit.

* Witteberg speel gasheer vir Ermelo in Bethlehem. Die span van die Vrystaat het die kragmeting tussen die twee spanne verlede jaar gemaklik met 59-20 gewen.

Sy buurman, Voortrekker, speel teen Helpmekaar van Johannesburg, wat verlede jaar ’n toptienskool was.

* Bepalings:

Fichardtpark-sportdag: A-veld: 08:00: Reddersburg t. Riebeeckstad, 09:10: Sand du Plessis t. Wilgerivier, 10:20: Landboudal t. St. Andrew’s, 11:30: HTS Louis Botha t. Noord-Kaap, 12:40: Jim Fouché t. Hoër Volkskool Potchefstroom, 13:50: Sentraal t. Welkom-Gimnasium, 15:00: Goudveld t. Diamantveld, 16:20: Fichardtpark t. Rooiskool.

B-veld: 11:30: Bloemfontein t. HTS Welkom, 15:00: Ficksburg t. Fichardtpark II, 16:10: President Steyn t. Aliwal-Noord.

Duineveld-sportdag: 12:55: Upington t. Cherries, 14:00: Duineveld t. Grey-kollege.

  • 13:30: Witteberg t. Ermelo, 14:00: Voortrekker t. Helpmekaar.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.