Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Fichies mik na driekuns teen Rooies

Die Hoërskool Fichardtpark se rugbyspan sal vir ’n driekuns mik wanneer hy en die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) Saterdag by sy jaarlikse sportdag in Bloemfontein slaags is.

Die kapteins van Fichardtpark wat die naweek in hul onderskeie sporte gaan meeding. Van links is Lizbé Scott (netbal), Annelé Scott (meisieshokkie), Hestine Bosch (skiet), Juané Swart (meisiestennis), Rashaan de Koker (skaak), Jan-Nel du Plessis (seunstennis), Liam McIntyre (seunshokkie), Devon Claassens (gholf) en JT van der Walt (rugby). Foto: Mlungisi Louw

Dié twee spanne pak mekaar vir ’n derde agtereenvolgende jaar, met Fichies wat in 2018 (25-23) en 2019 (36-12) baas was.

Spelers van 34 skole gaan mekaar by die sportdag die stryd aansê in rugby, netbal, hokkie, tennis, gholf, skiet en skaak.

Vir die meeste van die rugbyspanne in die streek is dit die eerste geleentheid om hulself in ’n wedstrydsituasie te toets vanjaar.

Veral die nederlaag in 2018 sal die Rooies seermaak, omdat die span van Kroonstad daardie dag teen rustyd met 20-14 voorgeloop het.

In 2019 het die tuisspan se stut Janco van Zyl ’n driekuns aan drieë behaal. Maar Fichies het daardie dag ná rustyd konsentrasie verloor en kon nie een punt by hul rustydtelling van 36 voeg nie.

Fichardtpark se kans om ’n driekuns te behaal, het ’n terugslag beleef met sy senter Jandré van der Merwe wat beseer is.

Van der Merwe, die spilpunt van Fichies se agterlyn, het las van ’n dyspierbesering, wat hy tydens atletiek opgedoen het.

Die tuisspan beskik egter steeds oor spelbrekers soos sy kaptein en agtsteman, JT van der Walt. Dit is die derde jaar wat hy in die eerste span speel. Dan kan Fichies se losskakel, Davin Groenewald, ook met sy skopskoen die gang van die wedstryd bepaal.

Maar Rooiskool sal hoop om met sy losvoorspelers Henru Hattingh en Hanu Visagie aan die spits die stryd voorlangs te wen. Gebeur dit, kan sy losskakel, Zander Pelser, Fichies se verdedigers laat bontstaan.

* Grey-kollege se seisoen begin aanstaande naweek wanneer hy en Welkom-Gimnasium in die Rosestad slaags is. Daar is wel ’n 15-tal van Grey by Fichardtpark se sportdag in aksie.

* Gimmies en Menlopark is om 12:00 in Welkom slaags.

* Bepalings by Fichardtpark-sportdag: A-veld: 08:00: St. Andrew’s t. Blouskool, 09:10: Ficksburg t. Aliwal-Noord, 10:20: Landboudal t. Grey-kollege 15-tal, 11:30: Marlow t. HTS Louis Botha, 12:40: Diamantveld t. Wesvalia, 13:50: Jim Fouché t. Hentie Cilliers, 15:00: Sentraal t. Noord-Kaap, 16:20: Fichardtpark t. Rooiskool. B-veld: 13:50: HTS Welkom t. Zastron.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.