Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Fichies se fluitjieblaser dra 2 hoede

Die feit dat Jaco Kotze ’n skeidsregter én die Hoërskool Fichardtpark se direkteur van rugby is, help dié spelers van die skool om die reëls te vertolk.

Boonop is dit bevorderlik vir sy eie groei om albei hierdie hoede te dra, sê Kotze (35), ’n praktiserende biokinetikus in Bloemfontein.

Asisipho Malotana van die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie, druk Woensdag in Pretoria een van sy span se drieë. Jaco Kotze, wat die fluitjie in die wedstryd gedra het, is net agter hom. Foto: Varsity Cup

“Om ’n afrigter en ’n skeidsregter te wees is iets wat my in albei aspekte help. Dit help om die seuns toe te rus om die reëls te verstaan. Die seuns vra soms vrae nadat hulle jou op televisie gesien het,” sê Kotze.

“Hulle sal dalk vra hoekom ’n sekere strafskop toegeken is, wat dan tot ’n gesprek oor die reëls lei.”

Kotze dra deesdae die fluitjie in die Varsityskild-reeks, waar sy mees onlangse wedstryd Dinsdag tussen die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie en die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie in Pretoria was.

Fichardtpark se jaarlikse rugbytoernooi word van Vrydag tot Maandag in die Rosestad beslis, en skole van die sentrale streek soos Bethlehem-Voortrekker, Sentraal en HTS Louis Botha sal in aksie wees.

Kotze sê die spelers is oorgehaal en goed voorberei om ná al die maande van die veld af weens die Covid-19-pandemie weer hul staal te toon.

Die Cheetahs se Rosko Specman het ook al sy kennis met die Hoërskool Fichardtpark se rugbyspelers gaan deel. Foto: Gallo Images

Bekende breiers en spelers in die Rosestad soos Rosko Specman (Cheetahs), Heino Bezuidenhout (oud-Blitsbok wat vir die Ixias speel), Melusi Mthethwa (hulpafrigter van die Cheetahs) en Pieter Bergh (afrigter van die Ixias) is al by die oefeninge van Fichardtpark betrek.

“Die seuns is baie opgewonde om na die speelveld terug te keer en om weer die sport te beoefen waarvoor hulle almal lief is. Dit was waarskynlik die langste voorseisoen wat enigeen van hulle nog gehad het,” sê Kotze.

“Vir baie seuns maak die geleentheid om rugby te speel die deure oop om dalk ’n beurs by ’n universiteit te kry en sodoende te studeer.”

Nog ’n Bloemfonteinse skool, Jim Fouché, gaan nie in die toernooi in aksie wees nie. JF sal Donderdag en Vrydag oefensessies in die Rosestad teen Queen’s College van die Oos-Kaap hê.

Program vir Fichardtpark se rugbytoernooi

Vrydag 23 April: 10:20: President Steyn t. Vrede, 11:30: Maritzburg College t. Bethlehem-Voortrekker, 12:40: Retief t. Hoopstad, 13:50: HTS Louis Botha t. Witteberg, 15:00: Hentie Cilliers t. Landboudal, 15:00: Sentraal t. Maritzburg College 2.

Saterdag 24 April: 08:00: Curro Kathu t. Vrede, 09:10: Hoopstad t. Zastron, 10:20: Wesvalia t. Sentraal, 11:30; Diamantveld t. Maritzburg College, 12:40: HTS Louis Botha t. Maritzburg College 2, 13:50: Grey 3 t. Landboudal, 15:00: Fichardtpark t. Goudveld.

Maandag 26 April: 08:00: HTS Louis Botha t. Landboudal, 09:10: Hoopstad t. Fichardtpark 2, 10:20: Fichardtpark t. Maritzburg College 2, 11:30: Duineveld t. Maritzburg College, 12:40: Diamantveld t. Sentraal.


Meer oor:  Hoërskool Fichardtpark  |  Fichies  |  Skolerugby  |  Jaco Kotze  |  Fluitjieblaser  |  Skeidsregter  |  Blaser
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.