Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Fichies wéér Rooiskool se tier op rugbyveld

Die Hoërskool Fichardtpark se rugbyspan het ’n driekuns behaal deur Rooiskool ’n derde agtereenvolgende jaar op sy jaarlikse sportdag in Bloemfontein te klop.

Gee pad voor! Fichardtpark se flank Matthew Kitching (met die bal) sit af op ’n lopie met die slot Ethan Gough kort op sy hakke. Foto: Kulu Ferreira

Fichies het Saterdag vier drieë gedruk om met 31-22 te wen.

Teen rustyd was die wenspan gerieflik met 19-7 voor, met die flank Matthew Kitching wat sy span telkemale met kraglopies oor die voordeellyn gekry het.

Agterlangs het die Fichies se losskakel, Davin Groenewald, nie ’n voet verkeerd gesit nie.

Tog het Rooies in die tweede helfte verwoed teruggeveg.

Rooiskool het egter ’n vroeë terugslag beleef toe sy skrumskakel, Franna Carstens, vroeg in die wedstryd sy arm gebreek het. Die besoekers se senter Cheslin Jones was sy span se groot uitblinker, terwyl die flank Henro Hattingh ook goeie spel gelewer het.

* Noord-Kaap het vroeg in die seisoen stem dik gemaak deur Sentraal met 69-5 te oorrompel. Die wenspan het altesaam 11 drieë gedruk, met die senter JJ Molete wat ’n driekuns aan drieë behaal het.

* Ook Jim Fouché se heelagter, Behan Vermaak, het ’n driekuns aan drieë behaal. JF het Hentie Cilliers met 55-5 geklop.

Puntemakers:

Fichardtpark-sportdag:

Fichardtpark 31 (19): Drieë:Matthew Kitching, J.T. van der Walt, Jaydee Stadhouer, Davin Groenewald. Doelskoppe: Groenewald (4). Strafdoel: Groenewald. Rooiskool 22 (7): Drieë: Henro Hattingh, Michael Keyser, Liam de Wet, Cheslin Jones. Doelskop: Zander Pelser.

Noord-Kaap 69 (28): Drieë: JJ Molete (3), Corné du Plessis (2), Jayden Eiman, Devanito Vergotine, Mcniel Cuvido, Franco Stassen, Bradley Human, Douglas le Bretton. Doelskoppe: Du Plessis (7). Sentraal 5 (5): Drie: Wico Oberholzer.

Jim Fouché 55 (29): Drieë: Danston Cloete, Behan Vermaak (3), Ryan George­, Revaldo Maurice (2), Kevin McIntyre, KB Marshall. Doelskoppe: George (5). Hentie Cilliers 5 (0): Drie: Sinathi Mofokeng.

Diamantveld 31 (7): Drieë: Sean Harding, Carlo Louw, Rohan Theron (2), Stefan Swart. Doelskoppe: Sean Harding, Carlo Louw (2). Wesvalia 7 (7): Drie: Ruan de Bruin. Doelskop: Dandré Nienaber.

Marlow 7 (7): Drie: Enric Taljaard. Doelskop: Wessie Odendaal. HTS Louis Botha 0.

Grey-15-tal 7 (0): Drie: Johan Voight. Doelskop: Julian du Toit. Landboudal 0.

Ficksburg 27 (7): Drieë: Kathleho Mole, AJ Botha (2). Doelskop: Lino Fortuin (3). Strafdoele: Botha, Fortuin. Aliwal-Noord 22 (5): Drieë: Marco Langenhoven, Stephen Odendaal, Philela Ngcangca, Leeuwner Greyling. Doelskop: Ngcangca.

Blouskool 15 (7): Drieë: Cornel Saunders, Jaco van den Heever. Doelskop: Arno Swart. Strafdoel: Swart. Saints 10 (10): Drieë: Mahube Leshabane, Petros Struwig.

Zastron 31 (12): Drieë: Inus Vorster, LJ Franzsen (2), Strafdrie: Jaco Grobler. Doelskoppe: Janco van Staden (2). HTS Welkom 7 (7): Drie: Elias Mpakoyane. Doelskop: Bennie Kana.

Pres. Steyn-sportdag:

Staatspresident Swart 24 (5): Drieë: Martin Pretorius, Raymond Muller, Odin Zannenberg, Frans Marx. Doelskoppe: Odin Zannenberg (2). Wessel Maree 8 (0): Drie: Narhan Harmse. Strafdoel: Edward van Wyk.

Ander:

Welkom-Gimnasium 43 (26): Drieë: Wian Muller, Keke Morabe, Angelo Oliver, Donavan Don (2), Danie Crouwcamp, Testimony Dodo. Doelskoppe: Bennie Human (4). Menlopark 7 (0): Drie: Bernie Bezuidenhout. Doelskop: Marcell Deysel.
Meer oor:  Skolerugby  |  Fichardtpark
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.