Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Fidjiaanse sterre op pad na Affies

Die Afrikaanse Hoër Seunskool sal aanstaande jaar gasheer speel vir handevol van Engeland, Nieu-Seeland en Fidji se heel beste skole-rugbyspelers wanneer hulle 2020 se Wêreld-skolerugbyfees aanbied.

Ryno van der Merwe is Afrikaans Hoër Seunskool se nuwe hoof van rugby.

artpury College van Engeland sal vir die derde jaar in ’n ry aan dié toernooi in Suid-Afrika deelneem.

Vanuit Nieu-Seeland sal Auckland se King’s College probeer amok maak in Pretoria, en die Fidjiane stuur die span van Ratu Kadavulevu School, ’n skool met net 900 leerlinge.

Hartpury het hom in die afgelope twee jaar bewys as ’n span wat Suid-Afrika se skoolseuns harde bene kan laat kou, en sal hoop om aanstaande jaar weer so te maak.

Die King’s College-seuns is die heersende Auckland-kampioen en was verlede jaar die naaswenner in dié liga.

Dié skool is bekend vir spanne vol groot spelers wat nie terugdeins vir enige fisieke aanslag nie.

Hul groot ster is die 17-jarige Che Clarke, ’n slot wat die maatband tot 1,99 meter rek en verlede jaar op flank reeds wyd en syd vrees begin inboesem het.

Die grootste opgewondenheid heers egter oor die koms van Ratu Kadavulevu School.

Die Fidjiane was in 2018 die kampioene van die Sanix-wêreldjeugtoernooi.

Die Suid Afrikaanse skole wat reeds hul deelname bevestig het is Affies, Grey-kollege, Hilton College, KES, Maritzburg College, die Hoërskool Monument, Oakdale Landbou, Paul Roos, Pretoria Boys High en SACS.

  • Affies vier aanstaande jaar sy 100ste bestaansjaar en het ter voorbereiding vir ’n groot rugbyjaar, om met die vieringe saam te val, ’n nuwe hoof van rugby aangestel.

Ryno van der Merwe beklee dié posisie sedert 1 Oktober. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.