Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Franse gaps twee spelers van Paul Roos

Suid-Afrikaanse rugby steier opnuut onder ’n Franse aanslag met die klubspan Montpellier wat twee belowende jong spelers van Paul Roos Gimnasium gegaps het.

Kade Wolhuter / Foto: Gallo Images

Robbie Rodgers en Kade Wolhuter – onderskeidelik ’n stut en losskakel – pak later vanjaar hul tasse vir Frankryk, waar hulle in Montpellier se akademie opgeneem sal word.

As ’n speler voor die ouderdom van 23 vir drie jaar in ’n Franse akademie was, word hy as ’n plaaslike speler gereken en kan hy vir hulle nasionale span oorweeg word.

Mohed Altrad, Montpellier se skatryk eienaar. Foto: Getty Images

Ryno Combrinck, Paul Roos Gimnasium se hoof van rugby, meen toenemend meer jong Suid-Afrikaanse spelers gaan weivelde oorsee soek.

“Ek’s seker daar is reeds jonger ouens geïdentifiseer. Dis verbasend hoeveel jong spelers reeds agente het,” sê hy.

Combrinck meen die feit dat die provinsiale o.19-reeks weggeval het, is waarskynlik ’n oorweging in jong spelers se besluite.

“Hulle soek speelkans om blootstelling te kry en hul reputasies te bou,” sê hy.

Rodgers en Wolhuter was albei verlede jaar in die WP se Cravenweek-groep. Dis nie buite die kwessie dat hulle oor drie jaar kan terugkeer nie, maar Montpellier se benadering is holisties en hulle gaan ook oorsee kan studeer.

“Hulle is kwaliteitseuns én rugbyspelers – op elke vlak die tipe ouens wat jy aan jou dogter wil voorstel. Hulle is hardwerkend, doelgerig en akademies sterk. Hulle sal enige plek ’n aanwins wees,” sê Combrinck.

Montpellier se eienaar is die sakeman Mohed Altrad, wat nommer 838 op Forbes se miljardêrslys is. Sy persoonlike fortuin is nagenoeg R39 miljard en sy konstruksie-maatskappy is die Franse nasionale rugbyspan se truiborg.

Robbie Rodgers (met die bal). Foto: Gallo Images

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.