Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Garsies knak Klofies vir krieketkroon

Die Hoërskool Garsfontein het Saterdag die Hoërskool Waterkloof onttroon as die Noordvaal-krieketkampioen toe hy hom met twee paaltjies in die eindstryd geklop het by St. Alban’s College.

Die Hoërskool Waterkloof se Albert Wells in aksie in die halfeindstryd van die Noordvaal-krieketreeks. Foto: Marius Nortjé

Garsies het die loot gewen en Klofies ingestuur om eerste te kolf.

Waterkloof het 240/6 in hul toegelate 50 boulbeurte aangeteken met Simeon de Bruyn wat rotsvas gestaan het vir sy 62 lopies van 85 balle, voordat hy sy paaltjie verloor het.

Die aanvangskolwer Ludwig Kaestner, het ook goed gevaar, maar hy is met sy telling op 49 deur Robert Ferreira uitgelok met die bouler wat ook die vangskoot behartig het.

Garsies se Jethro Duigan en Juandré Scheepers het albei die beste met die bal gevaar. Duigan het twee paaltjies laat kantel vir net 29 lopies en Scheepers ook twee geneem het vir 46 lopies.

Garsies se aanvangspaar, Raynard van Niekerk en Ralff Schmidt, het koel en kalm gekolf.

Schmidt het Van Niekerk meeste van die kolfwerk laat doen voordat hy met sy telling op 18 (18 balle) en die totaal op 75 kleedkamer toe gestuur is.

Van Niekerk en Christiaan Oberholzer het daarna ook ’n vennootskap aan die gang gekry, voordat die aanvangskolwer vir 72 lopies sy paaltjie verloor het met Albert Wells die bouler.

Oberholzer het gevolg nadat hy met 46 lopies afgesluit.

Scheepers het sy goeie vertoning met die bal opgevolg met sy veelsydigheid en 43 lopies van 41 balle aan te teken om te verseker die Garsies se telbord bly aan die rol.

Daar was benoude oomblikke vir Garsies toe hul sewende en agtste paaltjie geval het met die telling op 240.

Klofies het verwoed probeer keer het om afstand van hul titel te doen.

Dit was eindelik ’n wydloper met die eerste bal van die laaste boulbeurt deur Hardus Coetzer af wat verseker het dat die trofee wel ’n nuwe staanplek kry.

Meer oor:  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.