Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Garsies maak skade teen Transvalia

Die Hoërskool Garsfontein het Saterdag voor hul tuisskare kuikenmoord gepleeg teen die Hoërskool Transvalia van Vanderbijlpark om voor op die punteleer van die Virsekerbeker-reeks te eindig ná afloop van die groepwedstryde.

Die Hoërskool Garsfontein se Zeilinga Strydom beur vorentoe ondanks die Hoërskool Transvalia se verdedigers. Foto: Frans Lombard

Die Garsies se Bere was genadeloos en het 11 drieë ingeryg om vir Transvalia met 73-22 kaf te draf.

Ten spyte daarvan dat hulle al vier hul spelers wat vir die onderskeie nasionale skolespanne gekies is, Jurich Claassens (skrumskakel), Geraldo Flusk (vleuel), Zeilinga Strydom (heelagter) en Raynard Roets (kaptein en slot), onder die plaasvervangers laat tel het, kon die span steeds soos ’n goed geoliede masjien amok maak en hul teenstanders van die veld af speel.

Die Garsies het net 25 sekondes nodig gehad om die eerste hou uit te deel toe die buitesenter, Devoux Deysel, hakskene vir die verdedigers gewys het en 70 m gehardloop het vir sy span se eerste drie.

Teen rustyd was die skrif reeds aan die muur met die Garsies wat met 45-5 voorgeloop het.

Die tuisspan se heelagter, Dillon Olckers, het ’n driekuns aan drieë behaal.

* Die Hoërskool Dr. EG Jansen se klinkende sege met 62-38 oor die Hoërskool Noordheuwel was eindelik nie genoeg om hulle vir ’n plek in die halfeindronde te besorg nie.

Die Jansies se haastige vleuel Tylon Kotze het self ’n driekuns aan drieë afgerond.

Die Hoërskool Waterkloof moes koelkop bly om in die doodsnikke vir die Hoër Tegniese Skool Middelburg met 36-31 te klop.

Dit was ’n wipplankstryd met die voortou wat nie minder nie as tien keer hande geruil het.

Helpmekaar Kollege en die Hoërskool Monument sal Saterdag swaarde kruis in die halfeindstryd van die Beker-afdeling om ’n plek in die eindstryd te probeer verseker.

Meer oor:  Skolerugby  |  Virsekerbeker  |  Garsfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.