Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Garsies se BlitzBere troef Oos-Moot

Die Hoërskool Garsfontein se BlitzBere is die afgelope naweek as die Blou Bulle se sewes-kampioene gekroon nadat hulle Oos-Moot in die eindstryd met 31-12 geklop het.

Die wenner van die toernooi wat by Hoërskool Montana aangebied is, sal een van vier spanne wees wat die Blou Bulle by die Noordvaal-sewestoernooi sal verteenwoordig wat op 14 en 15 September by die Hoërskool Menlopark gehou word.

Adolf Visser van Affies op ’n stormlopie teen Hoërskool Overkruin by die Blou Bulle se sewes-toernooi wat die naweek by Montana gehou is. Foto: Wim Pretorius

Die Garsies was die enigste span wat nie ’n enkele keer die knie gebuig het nie. Die Oosies was met die omdraaislag nog met 12-12 gelykop, maar die Bere het tot ’n hoër rat oorgeskakel en drie drieë in die tweede helfte ingeryg om hul teenstanders se doppie te klink.

Garsies het in die halfeindstryd hul vaardighede ten toon gestel toe hulle die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) met 26-17 geklop het.

Hulle het in die kwarteindronde gemaklik met Menlopark met 28-10 afgereken.

Op die eerste dag van die toernooi het Garsfontein sonder te veel moeite bo in sy groep klaargemaak met seges oor Zwartkop, Pretoria Technical High School en Wonderboom. 

Oos-Moot het Zwartkop met 24-5 in die kwarteindstryd getroef, voordat hulle Waterkloof in die halfeindronde laat les opsê het in ’n opwindende tweestryd.

Oosies het deurlopend beïndruk met hul vaart en dit was veral hul naelbytsege met 31-28 oor Parkies wat hul uithouvermoë gewys het. 

Affies kon nie daarin slaag om sy titel die derde agtereenvolgende jaar te verdedig nie en moes eindelik met die bronsmedalje tevrede wees nadat hulle in die uitspeelstryd om die derde en vierde plek vir Klofies met 26-19 geklop het, nadat hulle 0-14 agter was.

Vroeër in die toernooi het hulle die gasheer met 33-19 ore aangesit en ook vir Midstream College (22-12), Overkruin (45-5) en Eldoraigne (19-12) geklop.

Klofies het die Hoër Tegniese Skool John Vorster (24-0), Montana (14-5) en Hoërskool Erasmus (36-0) platgevee.

Hoewel Affies derde klaargemaak het, sal hulle nie by die Noordvaal-toernooi in aksie wees nie, met die skool wat sy fokus nou sal draai na die atletiekseisoen van die Engelse skole wat binnekort vlamvat.

Affies is die enigste Afrikaanse skool wat jaarliks na die Engelse Interhoër genooi word en is ook die verdedigende kampioen van dié byeenkoms.

* In die o.15-afdeling het Affies amok gemaak en die toernooi onoorwonne afgesluit nadat hulle die sterk span van Menlopark met 33-5 getrap het in die eindstryd.

Meer oor:  Sewesrugby  |  Skolerugby  |  Garsfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.