Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Gimmies wen naelbytstryd teen Argentyne

Paarl Gimnasium en die Jaguares van Argentinië het vir ’n uitstekende stryd gesorg op die laaste dag van die Wêreld-skolerugbyfees wat die Paarliete uiteindelik naelskraap met 38-36 gewen het.

Dit was egter ’n wedstryd van twee helftes met Gimmies wat in die eerste helfte vir die Argentyne se nasionale o.18-span veral voorlangs laat klippe kou het.

Gimmies het teen rustyd ’n voorsprong van 23-5 opgebou danksy ’n skepdoel en twee strafdoele deur die span se generaal, Charl Janson, en drieë deur Stravino Jacobs en Van Eeden Hanekom, met die losskakel wat ook albei verdoel het.

Nadat Dean Nieuwoudt vir Gimmies ná rustyd ook agter die doellyn gaan draai het, met Janson wat in die kol was met sy doelskop, het die gevaarligte geflikker vir die Argentyne wat Paarl Boishaai op die eerste dag met 19-10 getroef het.

Met die Suid-Afrikaners voor met 30-5 en die besoekers met hul rug teen die muur, het die Jaguares nie tou opgegooi nie en vier drieë gaan druk om die telling tot 33-31 te laat krimp.

Hein Strauss het vir Gimmies gaan druk om die telling tot 38-31 te laat groei. Die Argentyne het toe self hul sesde drie gaan druk, maar kon nie dit nie verdoel nie en die Paarliete is steeds onoorwonne vanjaar.

Puntemakers

Paarl Gimnasium 38 (23): Drieë: Stravino Jacobs, Van Eeden Hanekom, Dean Nieuwoudt, Hein Strauss. Skepdoel: Charl Janson. Doelskoppe: Janson (3). Strafdoele: Janson (3).

Jaguares 36 (5): Drieë: Nicolas Roger Farias, Totas Vanni, Rustias Salustierra, Mannuel Berstein, Juan-Manuel Gonzales, Martin Avellaneda. Doelskoppe: Roger Farias (3)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.