Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Gimmies wen netbalkroon by Wildeklawer

Paarl Gimnasium se netbalspan is Saterdag as die nuwe kampioen van die Wildeklawer-toernooi in Kimberley gekroon.

Die netbalspan van Paarl Gimnasium Saterdag ná hul oorwinning in Kimberley. Foto: Marnus Kok

Die span van die Paarl het ’n naelbytstryd teen die verdedigende kampioen, Sentraal, met 28-27 gewen.

Met speeltyd verstreke was die telling 24-24, waarna bykomende speeltyd toegelaat is.

Gimmies het met die sege verhoed vir die nederlaag van 27-29 wat hulle Vrydag teen die Tralies gely het.

Die Afrikaans Hoër Meisieskool het die gasheer, Diamantveld, in die stryd om die derde plek met 27-8 verslaan.

* Saterdag se uitslae: Duineveld 34, Ben Vorster 21; Garsfontein 20, Stellenberg 17; Menlopark 31, HTS Middelburg 27; Waterkloof 25, Hoër Meisieskool Paarl 24; Afrikaans Hoër Meisieskool 27, Diamantveld 8; Eindstryd: Paarl Gimnasium 28, Sentraal 27.

Meer oor:  Kimberley  |  Paarl Gimnasium
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.