Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Gouties wil voortbou op vroeë welslae

Ná ’n goeie sege in sy eerste rugbywedstryd van die seisoen verlede naweek, sal die Hoërskool Goudveld hoop om vandag op sy tuisveld daarop voort te bou.

Gouties en HTS Louis Botha is in Welkom by die tuisspan se sportdag slaags.

Goudveld het Fichardtpark verlede week met 28-5 geklop. Hy sal hoop dat sy flank Neil Harmse en die losskakel, Graham Els, wat ewe tuis op senter is, hul goeie spel teen die Bloemfonteiners sal voortsit.

Tog sal Louis Botha ook oorloop van selfvertroue nadat hy Duineveld verlede week met 24-20 geklop het. Hy het wel sy eerste wedstryd van die seisoen, teen Marlow, met 0-7 verloor.

* Louis Botha het ook staatmakers soos die senter Olorato Letsholo , die losskakel, Marcellino Standers , en die losvoorspelers Manwabisi Khani en Brentonio Scheepers in sy geledere. Duineveld, die afgelope twee jaar die Griekwas-skolekampioen, kom vandag teen Grey-kollege in Bloemfontein te staan

* Toe dié twee spanne in 2019 slaags was, was Grey gerieflik met 62-21 baas. Welkom-Gimnasium, wat verlede week teen Grey vasgeval het, kom op sy tuisveld teen Helpmekaar te staan. Die span van Johannesburg het verlede week met 17-27 teen die Afrikaanse Hoër Seunskool verloor.

Bepalings:

Goudveld-sportdag (Welkom): 12:40: Rooiskool t. Riebeeckstad; 13:50: Hentie Cilliers t. HTS Welkom; 15:00: Witteberg t. Sentraal; 16:10: Goudveld t. HTS Louis Botha.Grey-sportdag:12:15: Grey-kollege III t. Upington; 13:25: Cherries t. Jim Fouché; 14:40: Grey t. Duineveld.

Prestige-skoledag (Pretoria): Affies t. Diamantveld. Vriendskaplik (tuisspanne eerste genoem): 13:10: Noord-Kaap t. Landboudal; 13:35: Welkom-Gimnasium t. Helpmekaar.Sentrale Skolesportreeks: 13:20: Voortrekker t. Fichardtpark. – Marnus Kok

Meer oor:  Skolerugby  |  Hts Louis Botha
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.