Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Grey draai krane oop teen Duineveld

Grey Kollege se rugbyspan het Saterdag in sy wegholsege van 92-7 teen Duineveld in Bloemfontein 14 drieë ingeryg.

Bethlehem-Voortrekker se vleuel Tshepang Morake sit af op ’n lopie. Foto: Fiela Strydom

Die wenspan was traag uit die blokke, met Duineveld wat die meeste van die speelwerk in die eerste paar minute gedoen het.

Maar Grey se punte in daardie eerste paar minute het gekom deur op Duineveld se foute te teer.

Soos die Bloemfonteiners se derde drie, die senter Jean Smith se eerste, toe ’n lynskop van Duineveld nie uit was nie.

Daarna was die spreekwoordelike gort gaar en het Grey die drieë ingeryg. ’n Agterspeler soos die heelagter, Franco Knoetze, het daarna die toeskouers met sy vaart vermaak.

Voorlangs het spelers soos die haker, Ricardo Fourie, en die slot Hendré Kramer en die flank Nelius Volschenk gewys dat hulle nie bang is om die harde werk te doen nie.

Krediet aan Duineveld dat hy nooit moed opgee het nie. Hy het ’n paar keer gapings in Grey se verdediging gevind, maar dan was daar min tot geen ondersteuning om die beweging verder te voer nie.

Die span van Upington se kaptein en agtsteman, Muller du Plessis (nie verwant aan die Blitsbok nie), het met goeie spel in die lynstane en ook met die bal in die hand die oog getref.

Die telling ten spyt was dit in die eerste helfte nie ’n foutlose vertoning deur Grey nie. Maar toe die enjin eers warm was, was daar net een span op die veld.

* Twee spelers het die naweek die uitsonderlike prestasie behaal deur vier drieë te druk. Die Cherries se vleuel Diégo Lottering het dié prestasie teen Jim Fouché behaal, terwyl Affies se senter Christiaan du Toit dit teen Diamantveld vermag het.

* Puntemakers:

Vriendskaplik:

Grey 92 (36): Drieë: Franco Knoetze (2), Joubert Schoeman, Gert Steyn (2), Jean Smith (2), Paschal Ekeji, Sisonke Vumazonke (2), Danie Louw, Juann Else, Merwe Olivier, Diégo Lottering. Doelskoppe: Smith (11). Duineveld 7 (0): Drie: JJ Roodt. Doelskop: CJ Hayes.

Cherries 48 (22): Drieë: Diégo Lottering (4), Merwe Olivier (2), SP van Heerden. Doelskoppe: Regan Izaks (5). Strafdoel: Izaks. Jim Fouché 10 (10): Drie: Behan Vermaak. Doelskop: Ryan George. Strafdoel: George.

Peaches 24 (10): Drieë: Tshepo Mbikayi, Cyril van Heerden, Jayden Smiles, Drian Opperman. Doelskoppe: Banie Brits (2). Upington 12 (7): Drieë: Bradley Gous, Brandon Smits. Doelskop: Geo Engelbrecht (1).

Welkom-Gimnasium 35 (14): Drieë: Keno Alexander, Angelo Oliver, Testimony Dodo, Donovan Don, Keke Morabe. Doelskoppe: Bennie Human (4). Helpmekaar 7 (0): Drie: Josh Jooste. Doelskop: Sebastine Watney.

Noord-Kaap 52 (28): Drieë: Breyton Daniëls, Corne du Plessis, JJ Molete (2), Devanito Vergotine, Douglas le Bretton (2), Elric Kok. Doelskoppe: Corné du Plessis (6). Landboudal 26 (14): Drieë: Marko du Plooy, De Vos Pienaar, Anele Bayo, Damain Kuhn. Doelskoppe: Pieter Grobbelaar (3).

Sentrale Skolesportreeks:

Voortrekker 33 (7): Drieë: Neo Mohlabai (2), Justin Kritzinger, Willie Oosthuizen, Zuhardt Roux. Doelskoppe: Jan du Toit (4). Fichardtpark 18 (12): Drieë: JT van der Walt, Morkel Terblanche. Doelskop: Davin Groenewald. Strafdoele: Groenewald (2).

Goudveld-sportdag:

Riebeeckstad 12 (0): Drieë: Tshepo Masooa, Caleb Cockera. Doelskop: Masooa. Rooiskool 7 (7): Drie: Zane Booyens. Doelskop: Liam de Wet.

HTS Louis Botha 22 (8): Drieë: Ayanda Ncokazi, Brentonio Scheepers, Chumani Tyumbu. Doelskoppe: Marcellino Standers (2). Strafdoel: Standers. Goudveld 21 (0): Drieë: Neil Harmse, Leroy Millar, Elcurtis Lewack. Doelskoppe: Graham Els (3).

Hentie Cilliers 52 (26): Drieë: Aldino Erasmus (2), Mark Lesole, Lebeko Lichakane, Marchant Jacobs (3), Viaan Kleinhans. Doelskoppe: Erasmus (3), Jacobs (3). HTS Welkom 5 (0): Drie: Benny Kanna.

Witteberg 42 (13): Drieë: Lourens van Rensburg (2), Phileo Lodewyk (2), Henrico van Rensburg, Bradley Jacobs, Fritz Crous. Doelskoppe: Henrico van Rensburg (2). Strafdoel: Henrico van Rensburg. Sentraal 24 (17): Drieë: Tiaan Botha, Phillip Steyn, Hein du Preez, FC Schlebuch. Doelskoppe: Wico Oberholzer (2).

Prestige-skoledag:

Affies 85 (36): Drieë: Quewin Nortje, Christiaan du Toit (4), Bjorn van Wyk (2), Jacques Marais (2), Reinhard Ludwig, Keegan Potgieter, Beorn Graham, Dillon Smith. Doelskoppe: Dieter Crafford (10). Diamantveld 10 (3): Drie: Stefan Swart. Doelskop: Sean Harding. Strafdoel: Carlo Louw.

Meer oor:  Skolerugby  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.