Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Grey maak amok; Boishaai sweet

’n Driekuns aan drieë deur Grey-kollege se vleuel Marcell Muller het sy span gehelp om HTS Middelburg gister met 81-8 in Bloemfontein te vermorsel.

Rickus Jonck, regtervleuel van Boishaai, word deur Outeniqua se flank Francois Breytenbach (onder) en vleuel Dillan Pieterse (bo) platgetrek. Foto: Deborah redelinghuys

Grey het met ’n spanpoging vorendag gekom en 13 drieë ingeryg. Behalwe vir Muller, het ook die losskakel, FC du Plessis, en die haker, André-Hugo Venter, met hul spel beïndruk.

Die span van Bloemfontein het voorlangs oorheers, wat aan die agterspelers die geleentheid gegee het om te baljaar.

  • Transvalia het so byna op sy tuisveld vir ’n reuse-verrassing teen Waterkloof gesorg.

Die Klofies het naelskraap met 29-24 gewen, nadat hulle teen rustyd gerieflik met 21-7 voor was. Dit was ’n wedstryd van twee helftes, met die tuisspan wat verwoed teruggeveg het in die tweede helfte.

Waterkloof se flank Zander de Jager het hom by die afbreekpunte goed van sy taak gekwyt.

Vir Transvalia het sy flank Christiaan Burger enduit sy beste gegee.

  • Die Prins van Vleuels, Carel du Plessis, se seun Riis was een van die Hoër Jongenskool Paarl se uitblinkers in die span se naelskraapse oorwinning van 34-26 teen Outeniqua in die Paarl.

Die jong Du Plessis, ’n heelagter, was goed op die teenaanvalle in wat as ’n moeilike wedstryd beskou kan word.

Vir die Kwaggas het hul slot Corné Struwig ’n barshou gespeel, terwyl die skrumskakel, Abré Minnie, seun van die span se afrigter met dieselfde naam, hom baie goed van sy taak agter die oond gekwyt het.

  • Die Afrikaanse Hoër Seunskool het agt drieë gedruk om Helpmekaar met 52-17 te oorrompel. Vir die wenspan het sy skrumskakel, Michael van Aswegen, en die slot Adolf Visser meer as hul deel gedoen.

Die agterste driehoek van Kyle Liebenberg, Christiaan du Toit en Dieter Crafford was gevaarlik op die aanval.

  • Die Griffons-skolekampioen, Welkom-Gimnasium, het Witteberg in Bethlehem met min­agting in sy eerste ligawedstryd hanteer. Gimmies het agt drieë gedruk om met 50-0 te wen.
  • Uitslae: Grey-kollege 81, HTS Middelburg 8; Waterkloof 29, Transvalia 24; Hoër Jongenskool Paarl 34, Outeniqua 26; Afrikaanse Hoër Seunskool 52, Helpmekaar 17; Paul Roos Gimnasium 31, Rondebosch Boys High 7; Paarl Gimnasium 31, Bishops 10; Oakdale Landbou 42, HTS HTS Drostdy 40; Durbanville 33, SACS 24; Monument 30, Menlopark 8; EG Jansen 68, Kempton Park 10; Garsfontein 43, Rustenburg 33; Welkom-Gimnasium 50, Witteberg 0; Voortrekker 39, Goudveld 38; Rooiskool 21, Hentie Cilliers 18; HTS Louis Botha 29, Jim Fouché 29; Bothaville 10, Blouskool 10; Zastron 38, President Steyn 5; Riebeeckstad 60, HTS Welkom 3.
Meer oor:  Grey-Kollege  |  Vleuel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.