Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Grey se George voer SA Skolespan aan
George Cronje voer die SA Skolespan aan. Foto: Gallo Images

Grey-kollege se George Cronjé word Saterdag met die kapteinskap van die Suid-Afrikaanse Skolerugbyspan toevertrou.

Dié onoorwonne span en Engeland se o.18’s is in die laaste kragmeting van die internasionale reeks by Hugenote Hoërskool in Wellington slaags.

Cronjé, ’n agtsteman, neem die leierskap oor by die haker Jacques Goosen, wat homself op die plaasvervangersbank bevind.

Die Suid-Afrikaners het tot dusver indrukwekkend vertoon, deur met Wallis (23-13) en Argentinië (48-14) af te reken. Engeland het teen die Argentyne met 19-29 vasgeval, maar naelskraap met Frankryk (29-25) afgereken.

Mzwakhe Nkosi, afrigter van die SA Skolespan, sê die span se spelpeil het sedert die eerste wedstryd ’n opwaartse kurwe getoon.

“Ons het as ’n groep gegroei en die tyd saam was vir almal voordelig,” sê hy.

* Die Suid-Afrikaanse Skole A-span kom in ’n voorwedstryd teen Argentinië (om 11:15 op SS 7) te staan.

Die spanne is:

SA Skole: Zeilinga Strydom, Boldwin Hansen, Henco van Wyk, Tyler Bocks, Tharquinn Manuel, Kian Meadon, Dylan Alexander, George Cronjé (k), Jarrod Taylor, Keke Morabe, Dylan de Leeuw, Simon Miller, Sibusiso Shongwe, André-Hugo Venter, Jan-Hendrik Wessels. PLAASVERVANGERS: Jacques Goosen, Okuhle Siyeni, Blaine Golden, Wandile Hlope, Mntungwa Mapantsela, Keane Galant, Jurich Claasens, Quan Horn, Gideon van Wyk, Connor Evans.

Engeland o.18: Oliver Melville, Matthew Ward, Will Joseph, Louis Hillman-Cooper, Alex Harmes, Orlando Bailey, Sam Edwards, Kit Smith, Harry Taylor, Emeka Ilione (k), Ethan Staddon, Freddie Thomas, Fin Baxter, John Stewart, Phil Brantingham. PLAASVERVANGERS: Tarek Haffar, Joe Keohane, Ewan Richards, Daniel Eckersley, Will Trenholm, Sam Bryan, Ethan Grayson, Michael Dykes, Oscar Beard, Charlie Atkinson.

* Afskop: 14:10 (SS 7).


Meer oor:  Wellington  |  Bloemfontein  |  Grey-Kollege  |  Rugby  |  Sa Skolespan  |  Skolerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.