Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Grey storm onkeerbaar voort

Die eerste span van Grey-kollege het Saterdag hul merkwaardige peil voortgesit deur Hartpury College van Engeland met 60-0 af te ransel.

Zander du Plessis van Grey-kollege op die aanval teen Hartpury College. Foto: William Brown

Dit lyk nie of die Vrystaters sommer hierdie jaar gestuit gaan word nie en hulle het tien drieë teen die Engelse span gedruk.

Hartpury, wat Woensdag die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria met 26-15 verras het, het geen antwoord vir die vinnige tempo van Grey-kollege gehad nie. ’n Rooikaart vroeg in die wedstryd aan die agtsteman, Joe Howard, het ook die bult vir die buitelanders styl gemaak om te klim.

Die vleuel, Ian Small-Smith, het ’n driekuns behaal en die kaptein en skrumskakel Ross Braude het nog ’n uitstekende vertoning ingesit waar hy ook twee keer sy naam op die telkaart gekry het nadat hy die doellyn oorgesteek het.

Grey-kollege het Woensdag vir Christchurch Boys’ High met 66-28 geklop.

Puntemakers:

Grey-kollege 60 (31): Drieë: Ian Small-Smith (3), Ross Braude (2), Werner Gouws, Lesley Botha, Joubert Schoeman, Jan-Hendrik Wessels, Zander du Plessis. Doelskoppe: Du Plessis (5).

Hartpury College 0.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.