Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Grey-kollege ‘waarsku’ sy teenstanders

Grey-kollege se rugbyspan het Saterdag ’n voorsmakie gegee van wat teenstanders vanjaar kan verwag deur 10 drieë teen Welkom-Gimnasium in Bloemfontein in te ryg.

Die tuisspan het met 69-33 gewen, nadat hy rustyd met 31-7 voor was.

Sisonke Vumazonke, kaptein en agtsteman van Grey-kollege, soek deurkomkans Saterdag in Bloemfontein. Foto: Kulu Ferreira

Die resep van vorige jare is steeds dieselfde: Oorheers voor en kry die bal so vinnig as moontlik by die punte. Dit saam met goeie verdediging gaan maak dat spanne gaan sukkel om Grey vanjaar te klop.

Wanneer jy spelers soos die slot Hendré Kramer en die agtsteman, Sisonke Vumazonke, het om jou oor die voordeellyn te vat, kan jy sulke rugby speel.

Agterlangs het Grey in Tiaan Fourie ’n skrumskakel wat die oond vinnig skoonmaak en dan die spelers aan sy buitekant in besit stel.

Jean Smith lyk na ’n koelkop-losskakel, wat oor ’n goeie skopvoet beskik. Hy het 24 punte bygedra, wat ’n drie ingesluit het.

Smith, seun van die Italië se afrigter, Franco, het sy agterlyn goed weggestuur en by meer as een geleentheid ook skoppies ingespan om Gimmies se agterlyn te laat omdraai.

In Grey se agterlyn is hope vaart. Spelers soos die senter Gert Steyn, en die vleuels, Joubert Schoeman en Franco Knoetze, het gewys dat hulle met balbesit moeilik gestuit word.

Nog ’n les vir teenstanders is dat Grey meesters daarin is om op teenstanders se foute te teer en in punte te omskep.

Dat daar by Grey soms aangeë is wat verlore gegaan het, is seker te verstane so vroeg in die seisoen. Die Bloemfonteiners se verdediging het wel soms gelol, en hulle het Gimmies toegelaat om vyf keer te gaan druk. Dis iets wat baie lanklaas teen Grey gebeur het.

Gimmies het veral in die tweede helfte beter rekenskap van hulle gegee. Hul agtsteman, Keke Morabe, was die groot uitblinker van die besoekers en is baie gebruik om oor die voordeellyn te kom. Die flank Calla Pienaar was ook nie bang om sy hande vuil te maak nie.

Dan het die skrumskakel, Marco Pretorius, en die heelagter, Don Donavan, gewys dat hulle oor baie vaart beskik.

  • Dit is wel jammer dat die span van Welkom se afskoppe nie op standaard was nie. Dit het twee keer nie 10 meter getrek nie, en was een keer direk by die kantlyn uit.
Meer oor:  Skolerugby  |  Grey-Kollege
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.