Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Groenewald Zwarries se held

Hoewel die skolerugbyseisoen maar pas begin het, wys die dramatiese einde tot die stryd tussen die Hoërskool Zwartkop en die Hoërskool Middelburg dat daar reeds geen tekort aan opwinding is nie.

Steek die vreugdevure aan! Dieter Groenewald van die Hoërskool Zwartkop vier sy doodsnik-wendrie teen die Hoërskool Middelburg saam met sy spanmaats. Foto: Marius Nortjé

’n Skitter- individuele drie in die doodsnikke deur die binnesenter Dieter Groenewald het die vreugdevure in die buitewyke van Centurion laat brand.

Die Zwarries het die besoekers se harte in hul kragmeting in die NWU Prestige-reeks gebreek deur met 25-22 te seëvier.

Soos te verwagte so vroeg in die seisoen was die eerste paar minute soos stampkar-rugby met rukke en stote soos albei spanne hul voete probeer vind het.

Die beweeglike agtsteman Hanru Jansen het eerste bloed geruik toe hy vir die Middies ’n pragdrie afgerond het om aan sy span die voortou te gee.

’n Strafdoel deur die Zwarries se Jarno Snyders het die spanne met Middies naelskraap voor met 5-3 toegelaat om water te skep.

Snyders het met ’n tweede strafdoel sy span die voortou gegee voordat albei die spanne die krane begin oopdraai het.

Vuyani Junior Shabalala, Lance Mayisela en Frik Lange het vir die Middies agter die doellyn gaan draai, terwyl Wihann Slabbert en Cayden van der Merwe weer vir die Zwarries teruggeslaan het met Middies wat toe met 22-18 voor was.

Met die laaste korrels van die uurglas wat reeds deur die nek was, het Groenewald tussen drie verdedigers deurgeglip om langs die pale oor te duik en sy span te red.

* In Potchefstroom het die Hoërskool Noordheuwel die Potchefstroom Volkskool se partytjie bederf deur hom met 36-12 kaf te draf.

Die Nories was rustyd met 12-5 voor voordat hy ná die omdraaislag vier keer gaan druk het om die wind uit die tuisspan se seile te neem.

* Die Hoërskool Rustenburg het ’n wegholoorwinning van 54-19 oor die Hoërskool Jeugland behaal, terwyl die Hoërskool Montana gemaklik met ’n telling van 59-3 met Oosterlig afgereken het.

Die Hoërskool Oos-Moot het Lichtenburg met ’n goeie vertoning met 30-12 omgedop, terwyl Marais Viljoen tevrede sal wees met die pak slae van 41-14 wat hy die Hoër Volkskool Heidelberg gegee het.

Meer oor:  Skolerugby  |  Middelburg  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.