Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Haaie se o.17’s onttroon VS as kampioene

’n Onstuitbare o.17-span van die Haaie is as die nuwe Interprovinsiale Seweskampioen gekroon nadat hy die Vrystaat Saterdag in die bekereindronde in Welkom onttroon het.

Die Haaie was met 19-12 baas en het daarmee die toernooi onoorwonne afgesluit.

.Foto: Verskaf

Die KwaZulu-Natallers was in Groep A ingedeel saam met die verdedigende kampioen, die Oranjetruie.

Die Haaie het op die eerste dag hul aanslag afgeskop deur die Valke oortuigend ore aan te sit met 42-14.

Daarna het hulle die einste Vrystaat op hul neus laat kyk met 26-19, voordat hulle die Griffons se tweede span met 43-7 verslaan het.

In die bekerkwarteindstryd het hulle die Pumas in ’n taai stryd met 24-21 getroef voordat hulle Suidwestelike Distrikte in die bekerhalfeindstryd met 27-21 geklop het.

Vir die Haaie was sy kaptein en Cravenweek-skrumskakel, Nico Steyn, een van die grootste uitblinkers.

Die Vrystaat het vroeër in die groep-fase die Griffons se tweede span met 46-0 geklop en die Valke met 35-19, nadat hulle teen die Haaie verloor het.

Dinge het ook klopdisselboom verloop toe die span van Bloemfontein die Westelike Provinsie met 21-19 en die Oostelike Provinsie met 38-14 in onderskeidelik die kwarteind- en halfeindstryd oorkom het.

Die Goue Leeus het op die eerste dag goed vertoon met seges oor die Limpopo Blou Bulle (31-12), Griekwas (17-14) en die Griffons se eerste span (26-24).

Hulle het egter in die kwarteindstryd teen die OP met 14-22 vasgeval.

’n Glips in hul eerste wedstryd het die Bulle duur te staan gekom.

Die Pretorianers het lelik skeefgetrap teen die Pumas en met 14-34 vasgeval voordat hulle die Suid-Afrikaanse LSOB-span (vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes) met 37-7 geklop het en daarna genoeg skietgoed gehad het om die WP met 10-7 te troef.

Die punteverskil het egter beteken dat die Streeptruie tot die beker-kwarteindronde deurgedring het nadat hulle die LSOB-span met 44-0 en die Pumas met 29-24 laat les opsê het.

Die Pumas het uiteindelik met die Plaat wegstap ná ’n oorwinning van 36-12 oor die Goue Leeus, met die Luiperds wat die ‘Bowl’ gewen het toe hy Boland met 21-19 geklop het.

* Uitslae:

Groep A: Vrystaat 46, Griffons II 0; Haaie 42, Valke 14; Haaie 26, Vrystaat 19; Valke 48, Griffons II 5; Vrystaat 35, Valke 19; Haaie 43, Griffons II 7.

Groep B: Oostelike Provinsie 29, Boland 19; Suidwestelike Distrikte 24, Luiperds 19; Oostelike Provinsie 28, Luiperds 26; Suidwestelike Distrikte 29, Boland 14; Suidwestelike Distrikte 28, Oostelike Provinsie 22; Boland 35, Luiperds 24.

Groep C: Griffons 38, Griekwas 21; Goue Leeus 31, Limpopo Blou Bulle 12; Griffons 28, Limpopo Blou Bulle 24; Goue Leeus 17, Griekwas 14; Goue Leeus 26, Griffons 24; Limpopo Blou Bulle 33, Griekwas 21.

Groep D: Pumas 34, Blou Bulle 14; Westelike Provinsie 44, SA LSOB 0; Blou Bulle 37, SA LSOB 7; Westelike Provinsie 29, Pumas 24; Blou Bulle 10, Westelike Provinsie 7; Pumas 19, SA LSOB 15.

Kwarteindronde: Beker: Haaie 24, Pumas 21; Vrystaat 21, Westelike Provinsie 19; Suidwestelike Distrikte 48, Griffons 7; Oostelike Provinsie 22, Goue Leeus 14. Bowl: Valke 38, SA LSOB 12; Blou Bulle 54, Griffons II 0; Boland 43, Griekwas 12; Luiperds 28, Limpopo Blou Bulle 12. 

Halfeindronde: Beker: Haaie 27, Suidwestelike Distrikte 21; Vrystaat 38, Oostelike Provinsie 14. Plaat: Pumas 31, Griffons 14; Goue Leeus 17, Westelike Provinsie 12. Bowl: Luiperds 19, Blou Bulle 17; Boland 28, Valke 7. Skild: Limpopo Blou Bulle 29, Griffons II 17; Griekwas 21, SA LSOB 19. 

Eindstryde: Beker: Haaie 19, Vrystaat 12. Plaat: Pumas 36, Goue Leeus 12. Bowl: Luiperds 21, Boland 19. Skild: Griekwas 14, Limpopo Blou Bulle 5.

Meer oor:  Sewesrugby  |  Skolerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.