Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Hartpury lek lippe af vir Monnas, Gim

Verlede jaar het Hartpury College vir ’n opskudding gesorg by die Wêreld-skolerugbyfees toe hy die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) met 26-15 geklop het.

Dié Engelse skolespan en hul breier, Wayne Thomson, lek hul lippe af vir vanjaar se toernooi.

Ian Small-Smith van Grey-kollege klop een van Hartpury College van Engeland se verdedigers tydens verlede jaar se Wêreld-skolerugbyfees. Foto: Gallo Images

Hartpury College sal Dinsdag teen Hoërskool Monument van Krugersdorp te staan kom in sy eerste kragmeting, waarna hy Vrydag Paarl Gimnasium pak.

Thompson meen wel dat hy verlede jaar geskrik het toe hy sien hoe groot Monnas se eerste rugbyspan is.

“Die ding wat ons al verlede jaar onkant betrap het, was die pure grootte van Monument se spelers,” vertel Thompson.

Verlede jaar het ons beslis ’n skok gekry met ons eerste kennismaking met Suid-Afrikaanse skolespanne.

“Hulle is reuse seuns en dit gaan ’n uitdaging wees. Ons weet baie kon verander het sedert verlede jaar, maar ons gaan geen voorafbepaalde idee kry voor die wedstryd teen Monument nie. Dis ’n deeglike eerste proeflopie.”

Thomson is al sedert 2015 die o.18-span se afrigter by Hartpury College. Die Britte het in die afgelope 10 jaar net een keer nie die trofee omhoog gehou in hul plaaslike liga nie.

Maar Thompson vertel dat Suid-Afrikaanse skolespanne dalk eerder sy maatstaf moet wees.

Wayne Thompson, afrigter van die o.18-span van Hartpury College, verwag taai wedstryde by die Wêreld-skolerugbyfees in Stellenbosch. Foto: Verskaf

“Verlede jaar het ons beslis ’n skok gekry met ons eerste kennismaking met Suid-Afrikaanse skolespanne,” sê hy.

“Die groot ding wat ons onkant betrap het, was hoe fisiek die spanne is. En hoe fiks almal is. Dit was vir ons spelers nogal iets om in die Paarl langs die kantlyn te sit en die SA spanne dop te hou om uit te werk waarvoor hulle hulself inlaat.”

Nege spelers van verlede jaar se Hartpury-span het Engeland se junior span verteenwoordig.

Die span sal ook sonder ses van sy spelers vanjaar moet klaarkom wat nie saamreis nie weens verpligtinge vir Engeland se Sesnasies-span vir o.18-spanne.

Dis wel nie voorlopige verskonings wat Thompson maak nie.

“Ons het steeds ’n baie sterk span wat vanjaar hier is en die toernooi gee vir spelers geleentheid om hulself te toets.”

Thompson sê dat hy ook reeds in 2018 kennis geneem het van Paarl Gimnasium, veral met hul sege met 38-36 oor die sterk Argentynse Jaguares span, wat ongelukkig nie vanjaar speel nie.

“Ek was verlede jaar baie beïndruk met Paarl Gim. Hy het teen ’n sterk Argentynse span gespeel. Ons het geen illusie oor hoe groot die wedstryde is wat op ons wag nie,” meen hy.

Dis beslis ’n goeie advertensie vir rugby. Dis van die beste skolespanne in die wêreld en ons sal beslis betrokke wil bly.

“Dis twee taai wedstryde, maar dis wat mens behoort te verwag van die Suid-Afrikaanse spanne na verlede jaar.”

Die toernooi het ook reeds ’n hoogtepunt op die besoekers se kalender geword.

“Dis beslis ’n goeie advertensie vir rugby. Dis van die beste skolespanne in die wêreld en ons sal beslis betrokke wil bly,” sê Thompson.

Hartpury is in 2018 ná hul sege oor Affies met 60-0 deur Grey-kollege afgeransel nádat die Engelse vroeg in die wedstryd met ’n rooikaart gestraf is.

Meer oor:  Monnas  |  Wêreld-Skolerugbyfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.