
Helpies se o.15A-netbalspan, wat tans in Singapoer, Asië, aan die wêreldkampioenskap deelneem. Van links is Jaydene Swart, Surina Pretorius, Louise Hattingh (afrigter), Liandri de Beer, Simoné de Wet, Aldy Esterhuizen, Zhan-Mari du Preez, Carmen Jordaan, Bernice Joubert, Inge Coetzee en Annemarie Venter (spanbestuurder).
Nie net is Helpmekaar Kollege in Johannesburg se o.15A-netbalspan die beste Suid-Afrikaanse netbalspan in hul ouderdomsgroep nie, maar dié span is tans in Asië om aan die wêreldkampioenskap vir o.15-netbalspanne deel te neem.
Dié span het verlede Maandag na Singapoer, Asië, vertrek en sal tot 2 Desember daar wees vir die kampioenskap.
“Dit is die eerste keer dat Helpies aan dié kampioenskap deelneem,” sê Linda van Niekerk, woordvoerder. “Die span het die eindstryd van die SA kampioenskap in Augustus teen Potchefstroom Gimnasium gewen.”