Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Hier is bepalings vir Virsekerbeker

Die Virsekerbeker-skolerugbyreeks sal amptelik op 8 Mei begin – die eerste keer sedert dié kompetisie se eindstryde in 2019.

Die Hoërskool Menlopark sal op 15 Mei teen die Hoërskool Waterkloof op die veld draf om sy titel in die Virsekerbeker-reeks te verdedig. Foto: Frans Lombard

Die verdedigende kampioen in die Beker-afdeling, die Hoërskool Menlopark, sal die eerste week ’n loslootjie hê met sy aanslag wat ’n week later eers sal begin wanneer hy in ’n taai kragmeting met die Hoërskool Waterkloof te staan sal kom.

Die halfeindronde sal op 21 Augustus en die eindstryd op 28 Augustus beslis word.

Die Parkies het die eerste keer dié afdeling se beker omhoog gehou toe hy Helpmekaar Kollege van Johannesburg in 2019 met 44-17 geklop het.

Die twee finaliste sal eers op 25 Junie weer swaarde kruis.

Die Helpies sal in hul eerste kragmeting teen die nuweling, die Hoërskool Marais Viljoen, te staan kom.

Laasgenoemde se bevordering tot die Beker-afdeling sal beteken dat hy en die Hoërskool Monument die eerste keer sedert 2014 weer slaags sal wees.

• In die Plaat-afdeling (afdeling 1) sal agt van die nege skole op 15 Mei in die eerste ronde in aksie wees.

Die Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen, die verdedigende kampioen, sal vir sy eerste afspraak van die reeks teen die Hoërskool Montana na Pretoria opruk.

Die Hoërskool Transvalia en die Hoërskool Nelspruit sal mekaar in die eerste ronde in Mbombela pak, terwyl die nuweling in dié afdeling, die Hoërskool Middelburg, eerste teen die Hoërskool Zwartkop sal uitdraf.

• ’n Groot taak wag op die Hugenote Hoërskool wanneer hy sy titel-aanslag in die Skild-afdeling in Waverley teen die Hoërskool Oos-Moot loods.

Dít nadat die span van Springs in 2019 ’n droogte van 32 jaar verbreek het en as die kampioen in dié kompetisie, destyds bekend as die Direkteurstrofee, bekroon is.

Een van die finaliste in die laaste reeks se Plaat-afdeling, die Hoërskool Eldoraigne, sal sy plek weer wil oopspeel in laasgenoemde afdeling nadat hy afgeskuif het.

Die Eldo’s was die heel eerste kampioen in die Plaat-kompetisie en sal ’n gedugte teenstander wees.

Hulle sal eerste met die Hoërskool Florida kragte meet.

Die Virsekerbeker-reeks sou in 2020 die 100ste bestaansjaar van dié kompetisie (en sy voorgangers) gevier het, maar is weens die Covid-19-pandemie gekanselleer sonder dat enige wedstryde gespeel is.

Die bepalings vir 2021 is onderhewig aan ’n afkondiging deur die departement vir basiese onderwys dat skolerugby wel in April hervat kan word.

Die bepalings is (tuisspanne eerste):

BEKER-AFDELING:

8 Mei: Monument t. Waterkloof; HTS Middelburg t. Garsfontein; Noordheuwel t. EG Jansen; Helpmekaar Kollege t. Marais Viljoen.

15 Mei: Monument t. Garsfontein; Menlopark t. Waterkloof; Noordheuwel t. Marais Viljoen; Helpmekaar t. EG Jansen.

22 Mei: HTS Middelburg t. Monument; Garsfontein t. Menlopark; Noordheuwel t. Helpmekaar.

29 Mei: Helpmekaar t. Monument; Menlopark t. Noordheuwel; EG Jansen t. HTS Middelburg; Marais Viljoen t. Garsfontein.

5 Junie: Marais Viljoen t. Waterkloof; Garsfontein t. EG Jansen; Noordheuwel t. HTS Middelburg; Monument t. Menlopark.

12 Junie: Marais Viljoen t. Monument; Waterkloof t. Helpmekaar; Garsfontein t. Noordheuwel; Menlopark t. EG Jansen.

19 Junie: EG Jansen t. Waterkloof; Helpmekaar t. HTS Middelburg.

25 Junie: Menlopark t. Helpmekaar.

26 Junie: Waterkloof t. HTS Middelburg.

3 Julie: HTS Middelburg t. Marais Viljoen; Waterkloof t. Garsfontein.

31 Julie: Garsfontein t. Helpmekaar; EG Jansen t. Monument; Waterkloof t. Noordheuwel; Marais Viljoen t. Menlopark.

14 Augustus: Monument t. Noordheuwel; HTS Middelburg t. Menlopark; EG Jansen t. Marais Viljoen.

Die bepalings is (tuisspanne eerste):

PLAAT-AFDELING

15 Mei: Zwartkop t. Hoërskool Middelburg; Montana t. Ben Vorster; Kempton Park t. Rustenburg; Nelspruit t. Transvalia.

22 Mei: Kempton Park t. Nelspruit; Ben Vorster t. Transvalia.

29 Mei: Nelspruit t. Zwartkop; Rustenburg t. Montana; Transvalia t. Kempton Park.

5 Junie: Nelspruit t. Montana; Transvalia t. Zwartkop; Ben Vorster t. Kempton Park; Hoërskool Middelburg t. Rustenburg.

12 Junie: Nelspruit t. Hoërskool Middelburg; Rustenburg t. Ben Vorster; Montana t. Transvalia.

19 Junie: Zwartkop t. Rustenburg; Hoërskool Middelburg t. Ben Vorster; Kempton Park t. Montana.

31 Julie: Zwartkop t. Ben Vorster; Transvalia t. Hoërskool Middelburg.

7 Augustus: Rustenburg t. Nelspruit; Montana t. Zwartkop; Hoërskool Middelburg t. Kempton Park.

14 Augustus: Kempton Park t. Zwartkop; Montana t. Hoërskool Middelburg; Transvalia t. Rustenburg; Ben Vorster t. Nelspruit.

Die bepalings is (tuisspanne) is:

SKILD-AFDELING

15 Mei: Oos-Moot t. Hugenote; Heidelberg Volkskool t. Ligbron; Florida t. Eldoraigne.

22 Mei: Jeugland t. Heidelberg Volkskool; Lichtenburg t. Hugenote; Ligbron t. Florida.

29 Mei: Oos-Moot t. Ligbron; Hugenote t. Heidelberg Volkskool; Jeugland t. Florida; Lichtenburg t. Eldoraigne.

5 Junie: Hugenote t. Florida; Ligbron t. Lichtenburg; Eldoraigne t. Jeugland; Heidelberg Volkskool t. Oos-Moot.

12 Junie: Lichtenburg t. Jeugland; Florida t. Heidelberg; Eldoraigne t. Ligbron.

19 Junie: Oos-Moot t. Lichtenburg.

31 Julie: Eldoraigne t. Oos-Moot; Ligbron t. Hugenote.

7 Augustus: Florida t. Oos-Moot; Heidelberg Volkskool t. Lichtenburg; Hugenote t. Eldoraigne; Ligbron t. Jeugland.

14 Augustus: Oos-Moot t. Jeugland; Florida t. Lichtenburg; Jeugland t. Hugenote; Eldoraigne t. Heidelberg Volkskool.


Meer oor:  Skolerugby  |  Virsekerbeker  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.