Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
Hilton stormloop VSA se Rhinos

Hilton College van KwaZulu-Natal het min genade gewys in sy slagting van 78-19 in die wedstryd teen die Rhinos-rugbyspan van Amerika op die laaste dag van die Wêreldskolerugbyfees wat by die Hoër Jongenskool Paarl gehou word.

Die wedstryd is ’n paar minute vroeg gestaak om die besoekers verdere vernedering te spaar nadat die Suid-Afrikaners 11 drieë gedruk het.

Die Hilton-flank Joseph Elphick het ’n driekuns behaal, met die losskakel Ruan Wilmans wat self twee keer agter die doellyn gaan kuier het.

Die Amerikaners kon wel daarin slaag om drie drieë te druk, maar daar was nie veel te redde nie. Hierdie span sal ongelukkig op die vliegtuig klim sonder dat hulle enige positiewe indrukke hier kom maak het wat die spel op die veld betref.

Puntemakers

Hilton 78 (29): Drieë: Ruan Wilmans (2), Gareth Schreuder, Roger Ellis, Robert Mattison, Joseph Elphick (3), Patrick McVeigh, Jared Venter, Siyabonga Xulu. Doelskoppe: Schreuder (7), Bryce Trodd (2). Strafdoel: Schreuder.

Rhinos Rugby 19 (12): Drieë: Latu Kolopeaua, Ethan Howard, Moses Sepvona. Doelskoppe: Austin Kikuchi (2).

Meer oor:  Rhinos  |  Wêreld-Skolerugbyfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.