Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Skole
‘Kleedrepetisie’ by T20-kampioenskap

’n Eindstryd in die kleine is hoe die wedstryd op die eerste dag van die nasionale T20-skolekampioenskap tussen St. Andrew’s en St. Stithians se krieketspanne beskou kan word.

Ruan Cronjé stuur ’n aflewering af vir die SA Colts teen die SA Skolespan in Desember 2018 in die Kaap. Foto: Gallo Images

Dié twee spanne, wat tussen hulle die titel reeds vier keer verower het, pak mekaar Vrydag by Tuks in Pretoria.

Saints, die Knights se verteenwoordiger, is die verdedigende kampioen, terwyl St. Stithians (Lions) die titel drie keer gewen het.

Wim Jansen, afrigter van St. Stithians, sê dit is ’n groot eer vir sy span om deel te neem, nadat hy nie in 2018 kon kwalifiseer nie.

“Dit gaan ’n ongelooflike wedstryd (teen Saints) wees, amper soos ’n eindstryd. Wat ongewoon aan vanjaar se span is, is dat ons nie met supersterre soos Wiaan Mulder (wat tans vir die Proteas speel) spog nie.

“Dit gaan oor spelpeil en ek dink die spelers is goed op dreef,” sê Jansen.

Saints, wat die vierde keer aan die toernooi deelneem, se afrigter, Gregg Hobson, sê daar moet nie te veel in die uitslag van die wedstryd gelees word nie.

“Dit gaan moeilik wees, maar as ons verloor, is dit ook nie die einde van die wêreld nie. Onthou, ons het verlede jaar op die eerste dag verloor,” sê Hobson.

In 2018 het Saints op die eerste dag met 47 lopies teen Hilton College verloor, net om die einste span later daardie naweek in die eindstryd met ses paaltjies te klop.

Dit kan natuurlik maklik gebeur dat Saints en St. Stithians mekaar weer in die eindstryd ontmoet.

Die span van Bloemfontein sal swaar steun op sy draaibalbouler Pheko Moletsane en die veelsydige Ruan Cronjé.

Albei spelers was deel van Saints se span wat in 2018 koning gekraai het, en weet hoe om die druk van dié toernooi te verwerk.

Boonop het Cronjé in 2018 en Moletsane in 2017 die Suid-Afrikaanse Colts-span gehaal.

Saints se tweede wedstryd Vrydag is teen Hudson Park (KZN-kusstrook). Dié span gaan versterk word deur die draaier Nonelela Yika, wat saam met die Suid-Afrikaanse o.19-span in Indië getoer het.

Vrydag se bepalings:

Oggendsessie: 09:30: Paarl Gimnasium (Cobras) t. Hudson Park (KZN-kusstrook); St. Charles (Dolphins) t. St. Andrews (Warriors); St. Andrews (Knights) t. St. Stithians (Lions); Waterkloof (Titans) t. Queens (KZN-binneland).

Middagsessie: 14:00: St. Stithians t. Paarl Gimnasium; St. Andrews (Knights) t. Hudson Park; St. Andrews (Warriors) t. Queens; St. Charles t. Waterkloof.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.